Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Donderstorms, wind en reën
verkondig God se seën
vir die wat op Hom vertrou.
- Graaf Friedrich Leopold zu Stolberg-Stolberg (1750-1819) -
 

________________________


So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.
Hy weet waarvan ons gemaak is,
Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.
- Psalm 103:12-14 -

 

________________________


Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam,
maar ons voer nie die stryd
met menslike wapens nie.
Die wapens van ons stryd
is nie die wapens van die mens nie,
maar die kragtige wapens van God
wat vestings kan vernietig.
 -2 Korintiërs 10:3-4 -

 

________________________


Daar is baie mense wat hul rus by God wil vind
maar nie gretig is om te doen
wat daarvoor vereis word nie.
- Thomas á Kempis (1380 – 1471) -
 

________________________


Wees altyd bly in die Here!
Ek herhaal: Wees bly!
Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles julle begeertes
deur gebed en smeking
en met danksegging aan God bekend.
En die vrede van God
wat alle verstand te bowe gaan,
sal oor julle harte en gedagtes
die wag hou in Christus Jesus.
- Filippense 4:4-7

 

________________________


Hoe groot is u goedheid
wat U bewaar vir dié wat vir U ontsag het,
wat U voorberei vir dié wat by U skuil,
terwyl die mense toekyk. 
U verberg hulle in die beskutting
van u teenwoordigheid
teen die sameswering van mense;
teen twisgierige tonge steek
U hulle weg in 'n skuiling.
- Psalm 31:20-21 (Direkte vertaling) -

 

________________________


Die Here sal jou altyddeur lei;
selfs in dor streke sal Hy
in jou behoeftes voorsien.
Hy sal jou sterk maak.
Jy sal wees soos 'n tuin met volop water,
soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
- Jesaja 58:11 -
 

________________________


Die HERE het die reg lief
en sal sy gunsgenote nie verlaat nie;
vir ewig word hulle bewaar,
maar die nageslag van die goddelose
word uitgeroei.
- Psalm 37:28 (53-vertaling) -

 

________________________


Kyk, die vrees van die HERE is wysheid;
en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
- Job 28:8 (53-vertaling) -
 

________________________


Verder sê Hy vir my:
“Dit het klaar gebeur.
Ek is die Alfa en die Omega,
die Begin en die Einde.
Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee
uit die fontein met die water van die lewe,
verniet.
- Openbaring 21:6 -
 

________________________


Net soos die eienaar van 'n vyeboom
die tyd weet wanneer die vye ryp is,
so weet ook God die tyd
om die regverdiges uit hierdie wêreld
weg te roep.
- Leo Tolstoi (1828 – 1910) -

 

________________________


Ek is tot alles in staat
deur Christus wat my krag gee.
- Filippense 4:13 -

 

________________________


Met Christus is ek gekruisig;
ek leef nie meer nie,
maar Christus leef in my!
Die lewe wat ek nou liggaamlik leef,
leef ek in geloof in die Seun van God
wat my liefgehad en Homself
vir my oorgegee het.
- Galasiërs 2:19-20 -
 

________________________


En die verstandiges sal glinster
soos die glans van die uitspansel,
en die wat baie tot regverdigheid lei,
soos die sterre vir ewig en altoos.
- Daniël 12:3 (53-vertaling) -
 

________________________


Gierigheid beroof baie mense van tyd
wat hulle eerder kon gebruik
om net gelukkig te wees.
- Emanuel Wertheimer (1846 - 1916) -

 

________________________


Heer, wys my U weg
en lei my soos 'n kind
dat heel my lewensweg
slegs by U rigting vind.
As my die moed ontbreek
om deur te gaan,
troos my dan liefdevol en moedig my weer aan.
- Nederlandse opwekkingslied -
 

________________________


Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek:
as dit goed is, kan hy daarop trots wees
sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk.
Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.
- Galasiërs 6:4-5 -
 

________________________


Vroeër was julle die ene duisternis,
maar nou in die Here is julle lig.
Leef dan as mense van die lig.
Uit die lig kom alles voort
wat goed en reg en waar is.
- Efesiërs 5:8-9 -

 

________________________


Miskien moet jy die diere vra om jou te leer,
die voëls daarbo om jou te vertel,
of praat met die aarde dat dit jou leer
en met die visse in die see dat hulle dit vir jou sê.
Wie van hulle weet nie almal
dat die hand van die Here alles gemaak het nie?
Hy het al wat lewe, in sy mag,
die asem van elke mens.
- Job 12:7-9 -
 

________________________


Vertrou altyd op Hom, my volk,
stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons 'n toevlug.
- Psalm 62:9 -

 

________________________


Die liefde is net so noodsaaklik
soos die brood.
- Honoré de Balzac (1799 – 1850) -
 

________________________


Rykdom en weelde is die vinnigste manier
om iemand met 'n sterk karakter
swak te maak.
- Prof Hans-Jürgen Quadbeck-Seeger (Duitse Chemikus) -
 

________________________


Wie mag die berg van die Here opgaan
en wie mag in sy heiligdom gaan staan?
Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is,
wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
So iemand sal van die Here seën ontvang,
en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.
- Psalm 24:3-5 -
 

________________________


Laat julle as lewende stene opbou
tot 'n geestelike huis,
om 'n heilige priesterdom te wees
en geestelike offers te bring
wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.
- 1 Petrus 2:5 -

 

________________________


Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here:
voorspoed en nie teenspoed nie;
Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid,
en Ek sal julle gebede verhoor.
Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken
as julle met julle hele hart daarna vra.
- Jeremia 29:11-13 -
 

________________________


Al is ek afgetakel na liggaam en gees,
God is my sterkte;
aan Hom behoort ek vir altyd
 - Psalm 73:26 (83-vertaling).

 

________________________


Ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie,
maar moet met die daad bewys word,
en dan in opregtheid.
Hierdeur kan ons ook te wete kom
dat ons aan die ware God behoort.
- 1 Johannes 3:18-19 -
 

________________________


Moenie julleself mislei nie:
God laat nie met Hom spot nie.
Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.
- Galasiërs 6:7 -
 

________________________


Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.
Hy is my helper en my God!
- Psalm 42:12-

 

________________________


Wie sy lewe vir homself wil behou,
sal dit verloor;
maar wie sy lewe vir My
en die evangelie verloor,
sal dit behou.
- Markus 8:35 -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css