Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie;
dié wat na die wil van die Here vra,
het 'n goeie begrip van alles.
- Spreuke 28:5 -
________________________
Vele mense skep hulle eie wêreldbeskouing
sonder dat hulle ooit die wêreld aanskou het.
- Otto Kimmig (1858 -1913) -
________________________
En dit staan bo alle teenspraak
dat die geopenbaarde waarheid
van ons godsdiens groot is:
As mens het Jesus in die wêreld gekom,
deur die Gees is bevestig
dat die reg aan sy kant is,
aan die engele het Hy verskyn;
aan die heidennasies is Hy verkondig,
in die hele wêreld is Hy geglo,
en in heerlikheid is Hy opgeneem.
- 1 Timmoteus 3:16 -
________________________
Die Here het die reg lief
en sy troue dienaars verlaat Hy nie.
Hulle sal altyd behoue bly.
- Psalm 37:28 -
________________________
Deur saam te sing
word harte bymekaar gebring.
- Hubert Joost -
________________________
Moenie 'n man wat sy mag misbruik, beny nie
en moenie self soos hy maak nie,
want die Here het 'n afkeer van 'n slegte mens.
Met hooghartige spotters dryf Hy die spot,
maar Hy is goed vir dié wat beskeie is.
Wyse mense verkry eer,
maar dwase kom al hoe meer in die skande.
- Spreuke 3:31-35 -
________________________
Wie hom laat leer, ken die pad na die lewe;
wie teregwysing verwerp,
dwaal van dié pad af.
- Spreuke 10:17 -
________________________
As die liefde van Christus in ons woon,
sal blydskap, vrede, lankmoedigheid,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid,
sagmoedigheid en selfbeheersing
ook in ons woon.
- Ds J Overduin -
________________________
Maar aan almal wat Hom aangeneem het,
dié wat in Hom glo,
het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
- Johannes 1:12 -
________________________
Dit is die pad wat almal moet loop:
oor die brug van versugtinge heen na die ewigheid.
- Søren Kierkegaard (1813 – 1855) -
________________________
Ons is burgers van die hemel, van waar af
ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp,
sal Hy ons nederige liggame verander
om soos sy verheerlikte liggaam te wees.
- Filippense 3:20-21-
________________________
Deur in Hom te glo,
al sien julle Hom nou nie,
het julle reeds deel aan die saligheid
wat die einddoel van julle geloof is.
- 1 Petrus 1:8-9 -
________________________
Dit help jou niks dat Christus opgestaan het
as jy nog steeds
in die sonde en doodsbande wil bly lê nie.
- Angelus Silesius (1624 – 1677) -
________________________
Die mens wat nie die Gees van God het nie,
aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie.
Vir hom is dit onsin.
Hy kan dit ook nie verstaan nie,
omdat dit geestelik beoordeel moet word.
Die mens wat die Gees van God het,
kan die waarde van alle dinge beoordeel.
- 1 Korintiërs 2:14-15 -
________________________
As ons net vir hierdie lewe
ons hoop op Christus vestig,
is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
Maar nou, Christus is opgewek uit die dood,
as eersteling uit dié wat gesterf het.
- 1 Korintiërs 15:19-20 -
________________________
Daar is ook niks in die skepping
wat vir God onsigbaar is nie;
alles lê oop en bloot voor sy oë.
En aan Hom moet ons rekenskap gee.
- Hebreërs 4:13 -
________________________
Julle moet dus nie traag word nie,
maar die voorbeeld navolg
van dié wat deur geloof en geduld
deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.
- Hebreërs 6:12 -
________________________
God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie,
maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word.
Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons,
of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is,
saam met Hom kan lewe.
- 1 Tessalonisense 5:9-10 -
________________________
Hierdie verganklike liggaam
moet met die onverganklike beklee word,
en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.
En wanneer hierdie verganklike liggaam
met die onverganklike beklee is,
en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike,
dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word:
“Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.
Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”
- 1 Korintiërs 15:53-55 -
________________________
In die wil van God lê die oorsprong,
die krag en die heerlikheid van die Skepping.
In die wil van God lê die oorsprong, die bestaan,
die krag en die heerlikheid van die verlossing.
In die wil van God alleen lê die oorsprong,
die bestaan, die krag, die saligheid en die heerlikheid
van die genadelewe van elkeen van sy kinders.
- Andrew Murray (1828 – 1917) -
________________________
Luister na My, julle wat doen wat reg is,
volk in wie se hart my wet is,
moenie bang wees vir die spot van mense nie,
moenie skrik as hulle julle beledig nie.
Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word,
soos wol wat deur vismotte verniel word.
Maar die redding wat Ek bring, sal vir altyd wees,
die verlossing wat Ek bewerk,
sal daar wees vir elke geslag.
- Jesaja 51:7-9 (83-vertaling) -
________________________
Elkeen wat die Vader vir My gee,
sal na My toe kom;
en Ek sal hom wat na My toe kom,
nooit verwerp nie.
Ek het van die hemel af gekom
nie om my wil te doen nie,
maar die wil van Hom wat My gestuur het.
En dit is die wil van Hom wat My gestuur het:
dat Ek van almal wat Hy My gegee het,
nie een verlore sal laat gaan nie,
maar hulle almal op die laaste dag
uit die dood sal laat opstaan.
- Johannes 6:37-39 -
________________________
Hoewel Hy die Seun was,
het Hy deur alles wat Hy gely het,
geleer wat gehoorsaamheid is.
En toe Hy volmaaktheid bereik het,
het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is,
die bron van ewige saligheid geword.
- Hebreërs 5:8-9 -
________________________
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.
As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,
sal Ek ingaan na hom toe
en saam met hom maaltyd hou,
en hy met My.
- Openbaring 3:20 -
________________________
Wat is lewensnoodsaaklik?
Lewensnoodsaaklik is dié dinge waarvan ons innerlik lewe.
Dit is dié dinge wat vir ons by ons sterwensuur belangrik sal wees.
- Sebastian Faber, 17de eeu -
________________________
Van die skepping van die wêreld af
kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei
dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is,
hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie.
- Romeine 1:20 -
________________________
Want dit is God wat julle gewillig
en bekwaam maak om sy wil uit te voer.
Doen alles sonder kla of teëpraat.
Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly,
onberispelike kinders van God
te midde van ontaarde en korrupte mense.
Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld
- Filippense 2:13-15 -
________________________
As die evangelie wat ons verkondig,
tog nog met 'n sluier bedek is,
is dit bedek net vir dié wat verlore gaan.
Hulle is die ongelowiges wie se verstand
deur die god van hierdie wêreld verblind is,
sodat hulle die lig van die evangelie
nie kan sien nie.
- 2 Korintiërs 4:3-4 -
________________________
Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood;
ons word gereken as slagskape.
- Psalm 44:23 (53-vertaling) -
________________________
Wie sal julle sleg behandel
as julle julle beywer vir wat goed is?
Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is,
gelukkig is julle.
Moenie hulle intimidasie vrees, of ontsteld raak nie.
Inteendeel, eerbiedig Christus as Here in julle harte.
- 1 Petrus 3:13-15 (2020 vertaling) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css