Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Mense praat baie oor God -
maar wanneer Hy begin praat
kan die mens maar net swyg.
- Pavel Kosorin -
 

________________________


So is daar blydskap
onder die engele van God
oor een sondaar wat hom bekeer.
- Lukas 15:10 -
 

________________________


Wat God gee, gee Hy verniet.
Dit is genade en moet genade bly.
Dit kan nie met geld gekoop word nie;
dit is 'n geskenk van God.
- Michael Hahn (1758 – 1819) -

 

________________________


Deur sy groot liefde het Hy ons
wat dood was as gevolg van ons oortredings,
saam met Christus lewend gemaak.
Uit genade is julle gered!
Ja, in Christus Jesus het Hy ons
saam met Hom opgewek uit die dood
en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee.
- Efesiërs 2:5-6 -
 

________________________


As ons dan slegs 'n saaier in 'n Hoër diens is,
waarom is ons dan so suinig om te gee
van wat nie ons s'n is nie,
maar wat ons ook in oorvloed
van die LEWE ontvang het?
Dit is wanneer ons erkenning vra
vir wat ons gee,
ook van wat ons self onverdiend ontvang het,
dat ons ons wese as 'n instrument
van die LEWE verloën.
- John van der Berg (1913 - ?) -
 

________________________


Dit is makliker
om deur die groot muur van Sjina te breek
as deur die mure
wat baie mense om hulself gebou het.
- Pavel Kosorin -
 

________________________


'n Hart sonder liefde
is soos 'n kers sonder 'n pit.
- Edith Tries -
 

________________________


Ek wil luister na wat God die HERE sê,
want sy woord bring vrede vir sy volk,
vir dié wat Hom getrou dien.
Hulle moet net nie weer afdwaal nie.
- Psalm 85:9 -
 

________________________


Salig hy wat in die lewe,
sonder hulp en sonder raad,
as hom alles wil begewe,
vlug tot God, sy toeverlaat;
en ook in die swartste nag
op die HERE alleen bly wag.
- Psalm 146:3 (beryming) -
 

________________________


U leer my hoe om te lewe.
By U is daar oorvloedige blydskap.
Uit u hand kom net wat mooi is.
- Psalm 16:11 -
 

________________________


Baie keer het ek meer geleer uit een gebed
as uit baie boeke.
- Martin Luther (1483 – 1546) -
 

________________________


Die wet van die vryheid
is die wet van die liefde.
- Augustinus Aurelius (354 – 430 nC)

 

________________________


Om met jouself te kan lewe
moet jy die meeste dinge van jouself vergeet.
- Lisz Hirn -
 

________________________


Laat jou dade groter wees
as jou woorde.
- Dr J H Gunning (1858- 1940)-
 

________________________


Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense.
Van die plek waar Hy as koning sit,
sien Hy almal wat onder op die aarde woon.
Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het,
wat al hulle werk deurgrond.
- Psalm 33:13-15-
 

________________________


God is my redder;
Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag
en my beskerming;
Hy is my redder.
- Jesaja 12:2 -
 

________________________


Dankie vir al die tekens van U seën in my lewe.
Dankie dat U genade ook dán steeds sigbaar is
wanneer alle wêreldse oorvloed
uit my lewe verdwyn het.
Amen
- Anoniem -
 

________________________


Mag God, wat vrede gee,
julle volkome aan Hom toegewyd maak
en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam,
so bewaar dat julle onberispelik sal wees
wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
- 1 Tessalonisense  5:23 -

 

________________________


Daar moet altyd harmonie wees
tussen 'n lewe en sy omgewing,
anders kan die lewe nie tot sy reg kom nie.
- Andrew Murray (1828-1917) -
 

________________________


Verheug jou daarin as die wil van God in jou lewe geskied
al is dit dalk nie dieselfde as jou wil nie.
- Mary Ward (1585 - 1645) -
 

________________________


Mag ek nooit strewe
na rykdom of faam nie:
of rye van titels
tot roem van my naam nie;
Mag ek veg teen die sonde
van wêreldsbegeerlikheid,
want aan U 'hoort die Koninkryk,
en die Krag en die Heerlikheid.
- Helen Steiner Rice  (19 Mei 1900 - 23 April 1981) -

 

________________________


Diep binne ons
is daar 'n vurige dors na die ewigheid;
die verlange na God,
wat die edelste in ons natuur te voorskyn laat tree.
- Friedrich von Schlegel (1772 – 1829) -
 

________________________


Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is,
nie op die dinge wat op die aarde is nie.
- Kolossense 3:2 -

 

________________________


Julle weet self maar alte goed
dat die dag van die Here
onverwags kom soos 'n dief in die nag.
Wanneer die mense sê:
“Alles is rustig en veilig,”
sal die ondergang hulle skielik oorval
soos geboortepyne 'n swanger vrou,
en niemand sal ontkom nie.
- 1 Tessalonisense 5:2-3 -
 

________________________


Wees daarom verstandelik wakker en nugter,
en vestig julle hoop volkome op die genade
wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.
 -1 Petrus 1:13 -
 

________________________


Dit help jou niks dat Christus opgestaan het
as jy nog steeds in jou sonde en dood
wil bly lê nie.
- Angelus Silesius (1624 - 1677) -

 

________________________


Die werke van die Here is groot,
almal wat daarin vreugde vind,
dink daaroor na.
Sy dade is vol majesteit en luister,
sy trou staan vir altyd vas.
Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie.
Genadig en barmhartig is die Here.
- Psalm 111:2-4 -
 

________________________


Ons swaarkry in hierdie lewe
is maar gering en gaan verby,
maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid
wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie,
maar op die onsigbare;
want die sigbare dinge is tydelik,
maar die onsigbare ewig.
- 2 Korintiërs 4:17-18-

 

________________________


Ek is die opstanding en die lewe;
wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
en elkeen wat lewe en in My glo,
sal nooit sterwe tot in ewigheid nie.”
- Johannes 11:25-26 -

 

________________________


Omdat die Gees van Hom
deur wie Jesus uit die dood opgewek is,
in julle woon,
sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is,
ook julle sterflike liggame lewend maak
deur sy Gees wat in julle woon.
- Romeine 8:11 -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css