Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Die meeste voorspellings is goed,
maar die toekoms steur hom glad nie daaraan nie.
- Prof. Hans-Jürgen Quadbeck-Seeger -
 

________________________


So sê Hy wat hoog en verhewe is,
Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:
Ek woon in 'n hoë en heilige plek
en Ek is by hom wat verdruk en nederig is.
Ek gee nuwe krag aan die nederiges,
Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
- Jesaja 57:15 (83-vertaling) -
 

________________________


Soms is dit nodig om weg te kyk van onsself
en die groter prentjie raak te sien
sodat ons kan onthou
dat ons maar net menslike wesens is.
 - Jean Luc Courcoult -
 

________________________


Ons moet altyd eers baie goed dink
voordat ons deure toeslaan
of brûe verbrand wat ander gebou het.
Dit kan beteken dat ons die tak afsaag waarop ons sit.
- Peter E Schumacher (1941 - 2013) -
 

________________________


Wees standvastig, onwankelbaar,
altyd oorvloedig in die werk van die Here,
omdat julle weet dat julle inspanning
in diens van die Here nie tevergeefs is nie.
- 1 Korintiërs  15:58 -
 

________________________


Ons moenie só aan ons werk,
ons beroep, ons eie posisies vasklou 
dat ons nie tyd het om God se wil te doen nie.
- Maximilian Maria Kolbe (1894 – 1941) -
 

________________________


Lewe voluit en werk voluit!
Daar is so baie edele dinge wat gedoen kan word.
Wees lief vir die lewe!
Dit is die moeite werd.
- Phil Bosmans (1922 – 2012)-

 

________________________


Hoe wonderlik voel die mens, nadat hy,
ná 'n vergeefse soektog na geluk in die wêreld,
uitgeput, sy hande na God kan uitstrek.
- Blaise Pascal (1623 – 1662) -
 

________________________


Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?
Die Here is die ewige God,
Skepper van die hele aarde.
Hy word nie moeg nie,
Hy raak nie afgemat nie
en sy insig is ondeurgrondelik.
Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
- Jesaja 40:28-29-

 

________________________


Net so min as wat jy kan verstaan
hoe gees en liggaam by mekaar uitkom
in die skoot van 'n swanger vrou,
net so min kan jy die werk van God verstaan.
- Prediker 11:5 -

 

________________________


Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra.
Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe
in gehoorsaamheid aan die wil van God.
Deur sy wonde is julle genees.
Julle het immers soos skape rondgedwaal,
maar nou het julle teruggekom
na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
 - 1 Petrus 2:24-25 -
 

________________________


Hou julle lewe vry van geldgierigheid;
wees tevrede met wat julle het.
God self het gesê:
“Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
Daarom kan ons met vertroue sê:
“Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie:
wat kan 'n mens aan my doen?”
- Hebreërs 13:5-6 -

 

________________________


Ek is tot alles in staat
deur Christus wat my krag gee.
 - Filippense 4:13 -
 

________________________


Kom, almal wat dors is, kom na die water toe,
selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk.
Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie,
waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My,
sodat julle kan eet wat goed is
en versadig kan word met die beste wat daar is.
Gee aandag en kom na My toe,
luister, en julle sal lewe.
- Jesaja 55:1-3 -
 

________________________


Here, U is my God!
Ek wil U prys en u Naam loof!
U het wonders gedoen;
dinge wat U lankal besluit het,
het U volgens plan uitgevoer.
- Jesaja 25:1 -
 

________________________


Dit is heerlik om in 'n woedende storm
op 'n skip te wees
wanneer 'n mens weet
dat dit veilig in die hawe sal aankom.
- Blaise Pascal (1623 – 1662) -
 

________________________


Hoe vinnig kan die dankbaarheid van mense verdwyn
en in ondankbaarheid verander!
- Sophokles (496 - 406 vC) -
 

________________________


God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
- Psalm 46:2 -
 

________________________


Vergelyking is die dogter van ontevredenheid
en die moeder van die twyfel.
-  Dr MM den Hertog -
 

________________________


Gun jouself die goedheid van elke dag;
moenie dat die sorge van môre na jou hart gaan nie,
want jy weet nie of jy môre nog leef nie.
- Jesus Ben Sirag (ongeveer 190 vC)-

 

________________________


'n Mens beplan sy pad,
maar die Here bepaal hoe hy loop.
- Spreuke 16:9 -
 

________________________


Die meeste mense sorg vir alles moontlik:
vir siekte, werkloosheid en die oudag,
vir vakansie en selfs ook vir hul begrafnis,
maar aan die ewigheid dink hulle nooit.
- Detlev Fleischhammel -
 

________________________


Geloof is wysheid
en wysheid is geloof.
- Mosche Ben Nachman (1195 – 1270) -

 

________________________


Sonder God is daar vir die mens
geen doel en geen hoop nie,
maar is hy vasgevang
in die vrees vir die ewige donkerheid.
- Johann Paul Friedrich Richter (1763 – 1825) -

 

________________________


Maar vir julle wat my Naam vrees,
sal die son van geregtigheid opgaan,
en daar sal genesing onder sy vleuels wees.
- Maleagi 4:2 (53-vertaling) -
 

________________________


Kom na My toe dat julle gered kan word,
almal op die aarde,
want Ek is God,
daar is geen ander nie.
- Jesaja 45:22 -

 

________________________


Wie in die Seun glo,
het die ewige lewe;
wie egter aan die Seun ongehoorsaam is,
sal die lewe nie sien nie,
maar die straf van God bly op hom.
- Johannes 3:36 -

 

________________________


Kom, Heilige Gees kom heel ons.
Vul ons harte met 'n brandende verlange
na die weg, die waarheid en 'n volle lewe.
Ontsteek 'n vuur in ons sodat ons self tot lig word
wat verlig, verwarm en vertroos.
- Uit 'n Russiese gebed -
 

________________________


Geen mens kan die diepste vrae en sielehonger
van die mens beantwoord of stil nie.
Alleen God kan dit doen.
- Ds Gabe van Duinen (1892-1971) -
 

________________________


Al die konings van die aarde sal U loof, HERE,
wanneer hulle u woord hoor,
hulle sal sing oor wat die HERE gedoen het,
want die mag van die HERE is groot.
- Psalm 138:4-5 -

 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css