Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike,
onbesmette en onverwelklike erfenis
wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
En omdat julle glo,
word ook julle deur die krag van God
veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is
om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
- 1 Petrus 1:3-5 -
 

________________________


Want kyk,
Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde,
en aan die vorige dinge sal nie gedink word
en hulle sal in die hart nie opkom nie.
- Jesaja 65:17 (53-vertaling) -

 

________________________


Julle moenie
aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,
maar laat God
julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle
ook kan onderskei wat die wil van God is,
wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
- Romeine 12:2 -

 

________________________


My gedagtes is nie my gedagtes nie.
My woorde is nie my woorde nie.
Dit ontspring uit 'n fontein
wat deur my heen vloei
om in die wye ruimtes
vrygelaat te word.
- Helga Schäferling -

 

________________________


'n Persoon wat die regte verhouding met God het,
leef 'n lewe van blydskap
wat so natuurlik is soos om asem te haal.
As dít jou lewe is, kan jy ook vir ander tot seën wees –
sonder dat jy dalk ooit bewus sal wees daarvan!
- Oswald Chambers (1874- 1917) -

 

________________________


God se teenwoordigheid kan nie gemeet word
aan grootse bouwerke met die glans van goud en silwer nie.
God doen sy werk in die hemel en op die aarde
ook in die klein dingetjies.
- Ds AJ Brinkman (1913-2002)-
 

________________________


Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.
U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad.
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
- Psalm 119:103-105 -
 

________________________


So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel:
Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is,
wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
Ag, as jy maar na my gebooie geluister het,
dan sou jou vrede gewees het soos ‘n rivier...
- Jesaja 48:17-18 (53-vertaling)-
 

________________________


Hy wat met 'n ander vrede maak
maak vrede met homself.
- Hubert Joost -
 

________________________


Dis nie hoe iemand oor God praat
wat vir my aantoon of sy siel
met goddelike liefde vervul is nie
maar hoe hy oor die aardse dinge praat.
- Simone Weil (1909 – 1943) -

 

________________________


Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee,
sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.
Nee, die water wat Ek hom sal gee,
sal in hom 'n fontein wees met water
wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.
- Johannes 4:14 -

 

________________________


Hoe donkerder dit hier om ons word,
hoe meer moet ons ons harte oopmaak
vir die Lig van bo.
- Edith Stein (1891 – 1942: In Auschwitz omgekom) -

 

________________________


Ek weet dat ek Iemand naby my het
wat ek sonder voorbehoud kan vertrou,
en dit gee vir my krag en rustigheid.
- Edith Stein (1891 – 1942: In Auschwitz omgekom) -
 

________________________


Een seën is meer werd
as tienduisend krone.
- Annette von Droste-Hülshoff (1797 – 1848) -
 

________________________


Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder
dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou,
en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis
wat Hy vir die gelowiges bestem het,
en hoe geweldig groot sy krag is
wat Hy uitoefen in ons wat glo.
- Efesiërs 1:18-19 -
 

________________________


...Ek sê vir julle:
Julle moet jul vyande liefhê;
seën die wat vir julle vervloek,
doen goed aan die wat vir julle haat,
en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;
sodat julle kinders kan word
van julle Vader wat in die hemele is.
- Matteus 5:44-45 -
 

________________________


Die genade, barmhartigheid en vrede
wat van God die Vader kom
en van Jesus Christus, die Seun van die Vader,
sal by ons wees wat in die waarheid en die liefde is.
- 2 Johannes 1:3 -

 

________________________


Wanneer 'n mens wat volgens die wil van God leef,
beproef of versoek word,
of deur bose gedagtes gekwel raak,
besef hy hoe nodig hy God het
en erken hy dat hy sonder God niks goeds kan doen nie.
-  Thomas Á Kempis (1380-1471) -
 

________________________


Hoop is die brug tussen
die vertwyfeling van gister
en die vreugdevolle seëninge van môre.
- Edeltrud Wisser -
 

________________________


Laat jou geloof, jou liefde, jou hoop,
jou geduld, jou nederigheid
nie afhang van dít wat rondom jou gebeur nie,
maar berus dit op die groot,
sterk kragte wat vanuit die lewende God uitgaan.
- Christoph Blumhardt (1842 - 1919) -
 

________________________


As jy maar net die moed sou neem
om op God se hulp te vertrou,
sal geen angs of vrees jou verhinder
om die goeie dinge te doen
waartoe jy in staat is nie.
- Thomas Morus (1478 – 1535) -
 

________________________


Dié mens wat homself as die middelpunt
van sy bestaan beskou,
sal vroeër of later tot die besef kom
dat hy meer verloor as wat hy wen,
dat hy meer bitterheid het as vreugde,
dat daar meer donkerheid as lig is in sy lewe.
- FB Meyer (1847- 1929) -
 

________________________


Ons bevraagteken God se motiewe;
ons kritiseer ons Skepper;
ons volg ons eie weg.
Ag, dit is asof 'n pot
slimmer wil wees as die pottebakker!
Maar dan vra ons steeds: Waarom?
- Heinrich Heine (1797 – 1856) -

 

________________________


Nou het ons 'n lewende hoop
op die onverganklike,
onbesmette en onverwelklike erfenis
wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
- 1 Petrus 1:3-4 -
 

________________________


As ons terugkyk en vorentoe dink
oor die liefde van God
wat daar in Christus Jesus vir ons is,
sal ons dan nie uit liefde vir Hom
volkome op Hom vertrou
en ons toekoms in Sy hande plaas nie?
- CH Spurgeon (1834 - 1892) -
 

________________________


Maar die HEER sal in my lewe
weer oordag sy guns gebied.
Ook deur donker nag omgewe,
sing ek nog my pelgrimslied.
Ja, ek lofsing in die nag,
want ek bly die HEER verwag;
my gebed sal opwaarts strewe
na die bronwel van my lewe.
- Psalm 42:8 (Beryming) -

 

________________________


My skape luister na my stem;
Ek ken hulle, en hulle volg My.
Ek gee hulle die ewige lewe,
en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
- Johannes 10:27-28 -

 

________________________


Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,
maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is,
wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
- Romeine 12:2 -
 

________________________


Niemand sal ooit weet van die
geheimenisvolle, innerlike groei
wat kan kom deur lyding en hartseer nie.
Al wat ons weet
is dat elke persoon se lewe onbetaalbaar is -
dat elkeen kosbaar is vir God.
- Christoph Probst (1918 – 1943) -
 

________________________


Niemand van ons leef tog vir homself nie,
en niemand sterf vir homself nie.
As ons lewe, leef ons tot eer van die Here;
en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here.
Of ons dan lewe en of ons sterwe,
ons behoort aan die Here
 - Romeine 14:7-8 -

 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css