Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam,
maar ons voer die stryd
nie met menslike wapens nie.
- 2 Korintiërs 10:3 -
________________________
Sommige vertrou op strydwaens
en ander op perde,
maar óns, ons vertrou
op die Naam van die Here ons God
- Psalm 20:8 -
________________________
Al maak mense hoeveel planne,
wat die Here besluit, staan vas.
- Spreuke 19:21 -
________________________
Wie op sy eie hart vertrou, hy is ‘n dwaas;
maar hy wat in wysheid wandel, word gered.
- Spreuke 28:26 -
________________________
Sonder God is daar vir die mens
geen bestemming, óf doel óf hoop nie,
net 'n vreesagtige toekoms,
'n ewige vrees vir die donkerheid.
- Johann Paul Friedrich Richter (1763 – 1825) -
________________________
Moed is nie om sonder vrees te wees nie,
maar om jou vrees te oorwin.
- Robert Louis Stevenson (1850 – 1894) -
________________________
Julle moet nie werk
vir die voedsel wat vergaan nie,
maar vir die voedsel wat nie vergaan nie
en wat ewige lewe gee.
Dit sal die Seun van die mens vir julle gee,
want God die Vader
het Hom die mag daartoe verleen.
- Johannes 6:27 -
________________________
Daarom vertrou almal wat u Naam bely,
op U, want U, Here,
laat dié wat vra na u wil,
nie in die steek nie.
- Psalm 9:11 -
________________________
Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil!
- Psalm 68:20 (53-vertaling) -
________________________
Dit is beter om by die HERE te skuil
as om op mense te vertrou.
- Psalm 118:8 (53-vertaling) -
(Die middelste vers in die Bybel)
________________________
Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.
Hy is my helper en my God!
- Psalm 42:6-7 -
________________________
Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon, ...
- Psalm 103:3-4 -
________________________
Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet
hoe U wil dat ek moet lewe.
- Psalm 51:8 -.
________________________
God laat nie enige beproewing oor ons kom,
sonder om ons ook die krag te gee
om dit te verdra nie.
- Edith Stein (1942 in Auschwitz omgekom) -
________________________
Bekommernis druk 'n mens neer;
'n vriendelike woord vrolik hom op.
- Spreuke 12:25 -
________________________
Ek weet dat ek Iemand na aan my het,
Iemand wie ek heelhartig kan vertrou,
en dit gee vir my vrede en krag.
- Edith Stein (1942 in Auschwitz omgekom) -
________________________
Die tydsgees spook in die koppe van mense
en verdryf die gesonde denke.
- Siegfried Wache -
Tydsgees: 'n fenomeen, sonder tyd, sonder Gees.
- Peter E Schumacher (1941-2013) -
________________________
Dit is U genade wat ons die waarheid leer,
wat ons teregwys,
lig bring in ons hart,
vertroos in benoudheid,
die droefheid laat vlug,
die vrees verjaag,
ons godvrugtig laat lewe,
en ons beweeg tot trane van berou.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
________________________
Moenie roem op jou rykdom as jy dit besit nie,
ook nie op invloedryke vriende nie,
maar roem in God, wat jou alles gee,
en bo alles Homself aan jou wil gee.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
________________________
Maar U is ’n God wat vergewe,
genadig, barmhartig, lankmoedig,
vol liefde.
- Nehemia 9:17 -
________________________
Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het,
dan nou dankbaar wees.
Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag,
soos Hy dit wil.
- Hebreërs 12:28 -
________________________
As jou hart in die hemel is,
is die hemel in jou hart.
- Laotse (6de eeu vC) -
________________________
Elke Christen is 'n boodskapper
van Jesus Christus in die wêreld.
Jy verteenwoordig die saak van jou Koning.
Vergeet dit nooit nie.
- Dr J H Gunning (1858- 1940) -
________________________
Wie my opdragte het en dit uitvoer –
dit is hy wat My liefhet.
En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê,
en Ek sal hom ook liefhê
en My aan hom openbaar.
- Johannes 14:21 -
________________________
U het 'n magtige arm,
sterk is u hand,
kragtig u regterhand.
U troon is gebou op geregtigheid en reg,
liefde en trou staan in u diens.
Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer,
wat in u lig lewe, Here
- Psalm 89:14-16 -
________________________
En die vrede wat Christus gee,
moet in julle lewens die deurslag gee.
God het julle immers geroep
om as lede van een liggaam
in vrede met mekaar te lewe.
Wees altyd dankbaar.
- Kolossense 3:15 -
________________________
Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,
vir die mens wat na sy wil vra.
- Klaagliedere 3:24-25 -
________________________
Elkeen wat die Vader vir My gee,
sal na My toe kom;
en Ek sal hom wat na My toe kom,
nooit verwerp nie.
- Johannes 6:37 -
________________________
En nou doen ek 'n beroep op julle,
op grond van die groot ontferming van God:
Gee julleself aan God as lewende en heilige offers
wat vir Hom aanneemlik is.
Dit is die wesenlike van die godsdiens
wat julle moet beoefen.
- Romeine 12:1 -
________________________
Offer dank aan God,
en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
en roep My aan in die dag van benoudheid:
Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
- Psalm 50:14-15 (53-vertaling) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css