Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely,
want God is getrou:
Hy doen wat Hy beloof het.
- Hebreërs 10:23 -
________________________
Ek sien 'n nuwe hemel kom,
'n aarde nuut en vry.
die see en al wat skei, verdwyn.
God self kom by ons bly.
Die nuwe stad, Jerusalem,
daal uit die hemel neer:
skoon soos 'n bruid in heerlikheid -
geliefde van die heer.
Oorwinnaars, sal ons alles erf
en drink uit die fontein
van lewenswater, heerlik, rein.
en God sal oor ons skyn.
- Gesang 177: 1,2 en 5 -
________________________
Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie,
maar vir die voedsel wat nie vergaan nie
en wat ewige lewe gee.
Dit sal die Seun van die mens vir julle gee,
want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.
- Johannes 6:27 -
________________________
U is die Wegwyser en self ook die Weg,
en die Bestemming waarheen ons op pad is.
- Notker Labeo (950 – 1022) -
________________________
'n Mens “besit” eers die sin van die lewe as jy dit “verloor”
- Johan Cilliers -
________________________
God beproef ons om die beste wat in ons is te voorskyn te bring.
Die duiwel versoek ons om die slegste wat in ons is te voorskyn te bring.
- Solly Ozrovech -
________________________
Genade kan nie geleen, gebedel, gekoop of gesteel word nie.
Dit is die drie-enige God se vrye gawe aan 'n behoeftige mensdom.
- Billy Graham -
________________________
En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: “Neem, eet; dit is my liggaam.” Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit, want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.”
- Mattheus 26:26-28
________________________
Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.
- 1 Petrus 2:21-24.
________________________
Ons sien die veld aan die oorkant in groene luister staan
nes Israel skou oor die beloofde land anderkant die Jordaan.
Vir ons het Christus reeds die weg berei:
geen Jordaan, geen doodsrivier, sal ons daarvan skei.
________________________
ʼn Staanvuur knetter teen sy kamermuur
en brand herinneringe los aan Krotoe-trek
aan skaapwerfruik en moflamblêr en jonk-wees
by Gansfontein Grootsand en Gensboknek
dae en nagte van toeka praat uit hierdie vuur
die taal van veld van vee van krans en ster
laat die beeld bly laat die vlam helder brand
laat die staanvuur steeds knetter teen sy kamermuur
- Boerneef -
________________________
Die Here het die reg lief
en sy troue dienaars verlaat Hy nie.
Hulle sal altyd behoue bly.
- Psalm 37:28 -
________________________
Hou julle lewe vry van geldgierigheid;
wees tevrede met wat julle het.
God self het gesê:
“Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
- Hebreërs 13:5 -
________________________
Die Here verstoot 'n mens nie vir altyd nie;
as Hy beproewing oor 'n mens gebring het,
ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot.
- Klaagliedere 3:31-32 -
________________________
Ons het dus nou deur die bloed van Jesus
vrye toegang tot die heiligdom,
en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei.
- Hebreërs 10:19-20 -
________________________
Ek is die deur;
as iemand deur My ingaan,
sal hy gered word,
en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
- Johannes 10:9 (53-vertaling) -
________________________
Maar solank daar nog 'n “vandag” is,
moet julle mekaar elke dag aanspoor
sodat niemand van julle
deur die misleiding van die sonde verhard word nie.
- Hebreërs 3:13 -
________________________
Wie sy sonde wegsteek,
moet niks goeds te wagte wees nie;
wie sy sonde bely en daarvan afsien,
sal genade ontvang.
- Spreuke 28:13 -
________________________
Ons het baie lede in een liggaam,
en die lede het nie almal dieselfde funksie nie.
Net so is ons, al is ons baie,
in Christus een liggaam,
en almal afsonderlik lede van mekaar.
- Romeine 12:4-5 -
________________________
Ek sal die Vader vra,
en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur
om vir ewig by julle te wees,
naamlik die Gees van die waarheid.
Die wêreld kan Hom nie ontvang nie,
omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie.
Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
- Johannes 14:16-17 -
________________________
Of besef julle nie dat julle liggaam
'n tempel van die Heilige Gees is nie?
Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon,
van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:
julle is gekoop, en die prys is betaal.
Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
- 1 Korintiërs 6:19-20 -
________________________
So spreek die HERE wat dit doen,
die HERE wat dit formeer om dit te bevestig,
HERE is sy Naam:
Roep My aan, en Ek sal jou antwoord
en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge
wat jy nie weet nie.
- Jeremia 33:2-3 (53-vertaling) -
________________________
Niemand van ons leef vir homself nie
en niemand sterf vir homself nie.
Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here;
en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here;
of ons dan lewe en of ons sterwe,
ons behoort aan die Here.
- Romeine 14:7-8 -
________________________
Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde
sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste.
Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk,
en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.
- Daniël 7:27 -
Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het,
dan nou dankbaar wees.
Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag,
soos Hy dit wil, want ons God is 'n verterende vuur.
- Hebreërs 12:28 -
________________________
Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei;
laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,
dat ek kan ingaan na die altaar van God,
na die God van my jubelende blydskap
en U kan loof met die siter, o God, my God!
- Psalm 43:3-4 -
________________________
Die grootste en ergste aanval van Satan is teen ons gees gemik deur twyfel en skuldgevoelens by ons op te wek. Meng twyfel aan God, twyfel aan jouself en ‘n klomp skuldgevoelens bymekaar en jy ondervind vrees, bekommernis en angs, wat sal maak dat jy jou houvas op die lewe verloor.
________________________
O diepte van die rykdom en wysheid
en kennis van God!
Hoe ondeurgrondelik is sy oordele,
hoe onnaspeurlik sy weë!
- Romeine 11:33 -
________________________
Ek is daarvan oortuig dat die lyding
wat ons nou moet verduur,
nie opweeg teen die heerlikheid wat God
vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.
- Romeine 8:18 -
________________________
In die vrede van God kom alle dinge tot rus
nie in die vorm van niksdoen nie,
maar in die sin dat dit hul Godbedoelde vervulling bereik.
- Johan Cilliers in “Toegewy aan God” -
________________________
Ons het hier geen blywende stad nie,
maar ons soek die toekomstige.
- Hebreërs 13:14 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css