Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk,
'n koninklike priesterdom,
'n nasie wat vir God afgesonder is,
die eiendomsvolk van God,
die volk wat die verlossingsdade moet verkondig
van Hom wat julle uit die duisternis geroep het
na sy wonderbare lig.
- 1 Petrus 2:9 -
________________________
Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’
sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie,
maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
- Mattheus 7:21 -
________________________
Wie sy hoop begrawe het,
het ook sy toekoms begrawe.
- Gerhard Uhlenbruck -
________________________
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê,
want daarmee sal julle al die brandpyle
van die Bose kan afweer.
Sit verlossing as helm op
en vat die swaard van die Gees,
dit is die woord van God.
Doen dit alles biddend
en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.
Wees waaksaam
en bid gedurig vir al die gelowiges.
- Efesiërs 6:16-18 -
________________________
Wysheid is 'n vorm van kennis
wat ons nie in skole kan leer nie.
- Bernhard Steiner (Switserse skrywer) -
________________________
Die mens se waarde kan gemeet word
aan die hoop wat hy op God stel.
- Bernhard von Clairvaux (1091 – 1153) -
________________________
Geseënd is julle wanneer julle beledig word
ter wille van die Naam van Christus.
Dit is 'n bewys dat die Gees
aan wie die heerlikheid behoort,
die Gees van God, op julle bly.
- 1 Petrus 4:14 -
________________________
Mag God, die bron van hoop,
julle deur julle geloof
met alle vreugde en vrede vervul,
sodat julle hoop al hoe sterker kan word
deur die krag van die Heilige Gees!
- Romeine 15:13 -
________________________
My onderrig kom na julle toe soos reënwater,
my woorde verkwik julle soos dou,
soos sagte reëns op die grassies,
soos reënbuie op die graan.
Ek wil die Naam van die Here roem.
Prys ons God om sy grootheid!
- Deuteronomium 32:2-3 -
________________________
Die mens se dae is vasgestel,
U het die getal van sy jare bepaal,
U het dit neergelê,
en hy kan dit nie oorskry nie.
- Job 14:5 -
________________________
HERE, Almagtige, u oordeel is reg,
U sien raak wat diep in 'n mens is.
- Jeremia 20:12 (83-vertaling) -
________________________
Tog is wat ons verkondig wysheid,
maar net vir dié wat daarvoor ryp is,
en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is
of van die heersers van hierdie wêreld nie.
Hulle is buitendien aan die ondergaan.
-1 Korintiërs 2:6 -
________________________
Daar is niks so skadelik op die aarde
as ontrouheid en leuens nie.
Daarmee word 'n hele gemeenskap uitmekaar geskeur.
- Martin Luther (1483 – 1546) -
________________________
God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:5 -
________________________
Wat God belowe het,
is vir julle en vir julle kinders
en vir almal wat daar ver is,
vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.
- Handelinge 2:39 -
________________________
Die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie,
maar van gehoorsaamheid aan God,
vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee.
- Romeine 14:17 -
________________________
Luister na My, julle wat die geregtigheid ken,
volk in wie se hart my wet is!
Wees nie bevrees vir die smaad van mense
en skrik nie vir hulle skimptaal nie;
want die mot sal hulle opeet soos ‘n kleed,
en die wurm sal hulle verteer soos wol;
maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan
en my heil van geslag tot geslag.
- Jesaja 51: 7-8 -
________________________
Maar julle sal krag ontvang
wanneer die Heilige Gees oor julle kom,
en julle sal my getuies wees in Jerusalem
sowel as in die hele Judea en in Samaria
en tot in die uithoeke van die wêreld.
- Handelinge 1:8 -
________________________
Uit Hom straal die heerlikheid van God
en Hy is die ewebeeld van die wese van God.
Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand.
Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het,
het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.
- Hebreërs 1:3 -
________________________
Die woord van God is lewend en kragtig.
Dit is skerper as enige swaard met twee snykante
en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees
en van gewrigte en murg.
Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.
- Hebreërs 4:12 -
________________________
Dit is oneindig makliker om liggaamlike lyding te deurstaan
as geestelike lyding.
- Dietrich Bonhoeffer -
________________________
Ons moet dag vir dag die smal
- en soms onbegryplike -
weg volg asof dit die laaste dag is.
Tog moet ons in geloof
en met verantwoordelikheid leef
asof daar nog 'n groot toekoms op ons wag.
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) –
________________________
God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het,
ook erfgenaam van alles gemaak.
Uit Hom straal die heerlikheid van God
en Hy is die ewebeeld van die wese van God.
Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand.
Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het,
het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.
- Hebreërs 1:2-3 -
________________________
Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word,
maar die goddelose sal goddeloos handel;
en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie,
maar die verstandiges sal verstaan.
- Daniël 12:10 (53-vertaling) -
________________________
Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is,
is tog opgeteken om ons te leer
sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging
wat die Skrif ons gee,
vol hoop kan wees.
- Romeine 15:4 -
________________________
Voordat ek die lig nie aanskou het nie,
sal my liefde vir die duisternis
nie verdwyn nie.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.
Hy is my helper.
- Psalm 42:6 -
________________________
Sê vir die regverdiges met húlle sal dit goed gaan;
hulle sal die vrug van hulle dade geniet.
- Jesaja 3:10 -
________________________
En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees,
en die vrede van jou kinders sal groot wees.
- Jesaja 54:13 (53-vertaling) -
________________________
Toe het ek die hemel geopend gesien;
en daar was ‘n wit perd,
en Hy wat daarop sit,
word genoem Getrou en Waaragtig,
en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
- Openbaring 19:11 (53 – vertaling)
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css