Met geld kan jy dien
óf jy kan geld dien.
- Manfred Hinrich (1926 – 2015) -
________________________
Bekommernis en geld is metgeselle wat mekaar die hand reik.
- Lord Chesterfield (1694 – 1773) -
________________________
Die hulpeloses en die armes soek water,
maar daar is nie; hulle versmag van dors.
Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor,
Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
- Jesaja 41:17 -
________________________
Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,
en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie,
dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak,
want die Gees deursoek alle dinge,
ook die diepste geheimenisse van God.
- 1 Korintiërs 2:9-10 -
________________________
Ek weet nie wat die toekoms bring nie,
maar ek weet Wie die toekoms bring.
- Detlev Fleischhammel -
________________________
God is my redder; Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.
- Jesaja 12:2 -
________________________
So sê die Here my God:
Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip,
'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit.
Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.
- Jesaja 28:16 (83-vertaling) -
________________________
Die innerlike wese van die liefde is oorgawe.
God, wat liefde is,
het Homself gegee aan die mens
wat Hy tot liefde geskape het.
- Edith Stein (1891 – 1942 te Auschwitz) -
________________________
Wanneer ons opsetlik bly sondig
nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het,
is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie.
- Hebreërs 10:26 -
________________________
Ons verheug ons ook in die hoop
om deel te hê aan die heerlikheid van God.
Dit is egter nie al nie.
Ons verheug ons ook in die swaarkry,
want ons weet: swaarkry kweek volharding,
en volharding kweek egtheid van geloof,
en egtheid van geloof kweek hoop;
en dié hoop beskaam nie,
want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:2-5 -
________________________
As God sy seën oor ons uitspreek,
beteken dit nie sukses of voorspoed nie.
As ons God se seën vra
is dit om met dankbaarheid te ontvang
wat God vir ons persoonlik bestem het
- Dr E L Smelik (1900-1985) -
________________________
Huigelary en uiterlike vroomheid
is die klatergoud van ons verdorwenheid.
- Pietro Aretino (1492 – 1556) -
________________________
Help my, HEER, dat ek kan lewe;
dan wil ek u woord bewaar.
Laat my oog aanskou die wonders
wat u wet my openbaar.
Wat besit ek hier op aarde?
Niks is daar wat my behoort.
Maar één ding, daarna verlang ek -
dis die rykdom van u woord.
- Psalm 119:7 (beryming) -
________________________
Word wakker, jy wat slaap,
en staan op uit die dood;
en Christus sal jou lewe verlig.
- Efesiërs 5:14 -
________________________
Weerhou my van 'n nuttelose lewe,
laat my leef op die weg wat U aanwys.
- Psalm 119:37 -
________________________
Die woord van die Here is volmaak:
dit gee lewe.
Die onderwysing van die Here is betroubaar:
dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.
Die bevele van die Here dui die regte koers aan:
dit bring blydskap.
Die gebod van die Here is helder:
dit gee insig.
- Psalm 19:8-9 -
________________________
Dink aan julle voorgangers
wat die woord van God aan julle verkondig het.
Let op hulle lewenswandel tot die einde toe,
en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.
- Hebreërs 13:7 -
________________________
Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het,
hulle was vir my 'n vreugde;
ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is,
Here, almagtige God.
________________________
Buite Christus is daar niks wat die siel kan versadig nie.
Christus is die brood vir die siel;
word dit hom ontneem, dan verhonger hy.
- Alexandre Rodolphe Vinet (1797 – 1847) -
________________________
Geloof kom nooit alleen nie -
dit bring getrouheid mee.
- Paul Schibler (1930 - 2015) -
________________________
God ken julle harte.
Wat deur die mense as belangrik beskou word,
is 'n gruwel voor God.
- Lukas 16:15 -
________________________
Dink inderdaad aan Hom wat so 'n vyandigheid
van die kant van die sondaars teen Hom verduur het,
sodat julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.
- Hebreërs 2:3 (direkte vertaling)-
________________________
Mans, julle moet julle vrouens liefhê
soos Christus die kerk liefgehad
en sy lewe daarvoor afgelê het.
- Efesiërs 5:25 -
________________________
'n Mens leef noodwendig in noue kontak met ander mense
en met hierdie kontak is, op een of ander manier,
'n verantwoordelikheid vir die ander mense op jou gelê.
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) -
________________________
Dít wat jy losgelaat het
kan jou nie meer beheers nie.
- Ernst Ferstl -
________________________
As jy water oor die vuur gooi
moet jy nie kla as jy koud kry nie.
- Onbekend -
________________________
Die mens wat My eer, is die een wat lof as 'n offer bring.
Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.
- Psalm 50:23 -
________________________
As jy lig soek sal jy lig vind - Ernst Moritz Arndt (1769 - 1860)
U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad - Psalm 119:105
________________________
Hoe kan julle ook in My glo
terwyl julle gesteld is op die eer
wat julle van mekaar ontvang
en nie die eer soek
wat van die enigste God af kom nie?
- Johannes 5:44 -
________________________
Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is,
het Hy ook net soos hulle mens geword.
Dit het Hy gedoen om deur sy dood
dié een wat mag het oor die dood,
dit is die duiwel, te vernietig
en om hulle wat uit vrees vir die dood
hulle hele lewe lank in slawerny was,
te bevry.
- Hebreërs 2:14-15 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css