Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Geloof is nie 'n skuiling teen die werklikheid nie.
Dit eis dat ons die werklikheid met al sy probleme,
geleenthede en gevolge in die oë sal kyk.
- Evelyn Underhill (1875-1941) -
 

________________________


Alles wat ek gesien het,
het my geleer om die Skepper te vertrou
vir alles wat ek nie gesien het nie.
- Ralph Waldo Emerson (1803-1882) -

 

________________________


Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer
oor julle heerskappy voer en julle die begeertes
van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie.
- Romeine 6:12-

 

________________________


Hoe meer die mens sy eie meester wil wees
hoe meer word hy sy eie slaaf.
- Dr Th Bovet -

 

________________________


Ons praat van die hemel asof dit ver weg is,
maar dit is binne praatafstand van hulle wat daar hoort.
- DL Moody (1837-1899) -
 

________________________


Wanneer ek in myself begeertes vind
wat niks in hierdie wêreld kan bevredig nie,
is die enigste logiese verklaring
dat ek vir 'n ander wêreld gemaak is.
- CS Lewis (1898- 1963) -

 

________________________


Moenie op jou eie hoop steun nie,
maar steun op Christus,
die Bron van jou hoop.
- Charles Haddon Spurgeon (1834- 1892) -
 

________________________


Ons is nie hopeloos of hulpeloos uitgelewer
aan enige leed of verdriet nie;
want teenoor dit alles staan God se wil
dat ons oorwinnaars sal wees.
- Ebba Pauli (1873 – 1941) -

 

________________________


Mag God, die bron van hoop,
julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul,
sodat julle hoop al hoe sterker kan word
deur die krag van die Heilige Gees!
- Romeine 15:13 -

 

________________________


Ons kan onsself op twee maniere bluf:
die een is om te glo wat nie waar is nie;
die ander is om te weier om te glo wat waar is.
- Søren Kierkegaard (1813-1855)-
 

________________________


Laat wat jy doen aan die Here oor,
dan sal jou voornemens geluk.
- Spreuke 16:3 -

 

________________________


Is dit nie opvallend hoe anders ons sondes lyk
as iemand anders dit doen nie.
- Chuck Smith (1927-2013) -

 

________________________


Christus is nie net ons Helper nie;
Hy is ons hele lewe.
Christus werk nie saam met ons nie;
Hy werk deur ons.
- William Temple (1881 – 1944) -

 

________________________


Liefde is die enigste diens
wat nie deur mag beveel,
en met geld gekoop kan word nie.
- Onbekend -
 

________________________


Leer ons, Here, om te dien soos U dit van ons verwag;
om te gee en nie die koste te bereken nie;
om te veg en nie op die wonde ag te slaan nie;
om te arbei en nie na rus te soek nie;
om te werk en nie te vra vir enige beloning nie
behalwe die wete dat ons U heilige wil doen.
- Ignatius van Loyola (1491-1556) -
 

________________________


Toe ek gedink het my voete gly,
het u troue liefde my regop gehou, Here.
Toe ek met baie onrus in my binneste sit,
het u vertroosting my tot rus gebring.
- Psalm 94:18-19 -

 

________________________


Niks kan ons beter troos nie as die helder wete,
dat ons midde-in ons ellende,
deur die God van liefde vasgehou word.
- Johannes Calvyn (1509-1564) -

 

________________________


Bid dat jou eensaamheid jou sal aanspoor
om iets te vind om voor te lewe -
iets so groot dat jy van jouself sal vergeet,
en so edel dat jy ook bereid sal wees
om daarvoor te sterf.
- Dag Hammarskjöld (1905 -1961) -
 

________________________


Solank as wat ons in die wêreld leef
kan ons lyding en versoeking nie ontvlug nie.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
 

________________________


God het ons vir Homself gemaak
en ons harte bly onrustig
totdat ons rus gevind het in Hom.
 - Augustinus Aurelius (354-430 nC) -
 

________________________


Hoop is 'n standhoudende fontein
in die hart van die gelowige.
 

________________________


Ek het altyd hoop.
Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie,
weet ek in Wie se hande die toekoms is.
- E Stanley Jones (1884-1973) -
 

________________________


Sommige mense se godsdiens
herinner my aan 'n hobbelperdjie:
daar is baie beweging,
maar geen vooruitgang nie.
- Onbekend -

 

________________________


Hoop is geloof wat sy hande in die donker uitsteek.
- George Iles (1852-1942) -
 

________________________


Om volgens u verordeninge te lewe,
gee my meer vreugde
as al die rykdom van die wêreld.
- Psalm 119:14 (83-vertaling) -

 

________________________


O mens, troos jou hieraan:
Jy sou God nie gesoek het
as Hý jou nie reeds gevind het nie.
- Blaise Pascal (1623-1662) -
 

________________________


Die lewe van gebed
is die siel van ons lewe.
- J H Gunning (1858-1940) -
 

________________________


'n Lewe sonder geloof
skep vir jou 'n veels te klein
ruimte om werklik te leef.
- George Lancaster Spalding (1840 – 1916) -
 

________________________


My genade is vir jou genoeg.
My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.
Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem,
sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
- 2 Korintiërs 12:9 -
 

________________________


'n Enkele gebeurtenis
kan 'n persoonlikheid binne jou
wakker maak
wat jy nie eers geweet het
bestaan nie.
- Antoine de Saint-Exupéry (1900 – 1944) -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css