Ek weet dat daar Iemand naby my is
op wie ek sonder voorbehoud kan vertrou,
en dít geen vir my rus en krag.
- Edith Stein (1891-1942 Auschwitz) -
________________________
Vrede laat Ek vir julle na;
My vrede gee Ek vir julle.
Die vrede wat Ek vir julle gee,
is nie die soort wat die wêreld gee nie.
Julle moet nie ontsteld wees nie,
en julle moet nie bang wees nie.
- Johannes 14:27 -
________________________
Hy wat in duisternis verkeer,
wat geen lig het nie,
moet op die Naam
van die Here vertrou,
moet op sy God steun.
- Jesaja 50:10 -
________________________
Die dae van wanhoop en vertwyfeling
kan gesien word as deel van ons vormingstyd
in die skool van wysheid.
- Mev Charles E Cowman (Lettie Cowman) (1870-1960) -
________________________
Die oorsaak van baie van ons angstigheid
is dat ons die skoonheid van vandag
onopgemerk by ons laat verbygaan,
terwyl ons ons besig hou met drogbeelde
oor probleme wat ons meen
in die toekoms op ons wag.
________________________
Maar as die goddelose hom bekeer
van al sy sondes wat hy gedoen het,
en al my insettinge onderhou
en reg en geregtigheid doen,
sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
- Esegiël 18:21 -
________________________
Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet,
moet julle sy voorbeeld volg.
Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad
en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het,
ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.
- Efesiërs 5:1-2 -
________________________
Al het ek die gawe van profesie
en ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis,
en al het ek al die geloof om berge te versit,
maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
- 1 Korintiërs 13:2 -
________________________
Laat die woorde van my mond
en die oordenking van my hart
welbehaaglik wees voor u aangesig,
o HERE, my rots en my verlosser!
- Psalm 19:15 (53-vertaling) -
________________________
Beklee julle met die Here Jesus Christus,
en maak geen voorsorg vir die vlees
om sy begeerlikhede te bevredig nie.
- Romeine 13:14 (53-vertaling) -
________________________
Maar wat my aangaan, dit is vir my goed
om naby God te wees.
Ek het die Here my God gekies as my toevlug!
Ek sal van al u werke bly vertel.
- Psalm 73:28 -
________________________
Geloof bring vir ons antwoorde op die vrae
waarvoor die intellek geen oplossings het nie.
- Leo Tolstoy (1828 – 1910) -
________________________
'n Vaste burg is onse God,
ons skuil in Hom, die Sterke.
Hy is 'n vesting in die nood -
vir ewig staan sy werke.
Al kom die Bose aan
in sy oorwinnaarswaan,
ons weet by al sy lis,
sy lot is reeds beslis -
God self stel aan hom perke.
- Martin Luther (1483 - 1546) -
________________________
Wat dwaas is by God,
is wyser as die mense;
en wat swak is by God,
is sterker as die mense.
- 1 Korintiërs 1:25 (53-vertaling) -
________________________
Moenie bang wees
vir dié wat die liggaam doodmaak,
maar die siel nie kan doodmaak nie.
Nee, vrees Hom eerder
wat sowel die liggaam as die siel
in die hel kan laat vergaan.
- Mattheus 10:28 -
________________________
God wat vrede gee, het ons Here Jesus
wat deur die bloed van die ewige verbond
die groot Herder van sy kudde is,
uit die dood teruggebring.
Mag dié God julle toerus met alles wat goed is,
sodat julle sy wil kan doen.
Mag Hy deur Jesus Christus
in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is.
Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid!
Amen.
- Hebreërs 13:20-21 -
________________________
Maar let nou op die eerbare mens,
kyk na die opregte:
die regskape man,
vir hom is daar 'n toekoms.......
die regverdiges word deur die Here gered.
Hy is hulle toevlug in tyd van nood.
- Psalm 37:37-39 -
________________________
Niemand het God nog ooit gesien nie,
maar as ons mekaar liefhet,
bly God in ons en het sy liefde in ons
sy doel volkome bereik.
Hiéraan weet ons
dat ons in Hom bly en Hy in ons:
Hy het ons sy Gees gegee.
En ons ken die liefde wat God vir ons het,
en ons glo daarin.
God is liefde;
wie in die liefde bly,
bly in God en God bly in hom.
- 1 Johannes 4:12 - 16 -
________________________
En omdat ons sy kinders is,
het God die Gees van sy Seun
in ons harte gestuur,
en in ons roep Hy uit: “Abba!”
Dit beteken: Vader!
- Galasiërs 4:6 -
________________________
Hy is verhoog aan die regterhand van God
en Hy het die Heilige Gees wat belowe is,
van die Vader ontvang en uitgestort.
- Handelinge 2:33 -
________________________
Wees geduldig met mekaar
en vergewe mekaar
as die een iets teen die ander het.
Soos die Here julle vergewe het,
moet julle mekaar ook vergewe.
- Kolossense 3:13 -
________________________
Kom, Heilige Gees, heel ons.
Vervul ons harte met brandende verlange
na die waarheid, die weg en die volle lewe.
Ontbrand in ons U vuur,
sodat ons self soos lampe word
wat verlig, verwarm en vertroos.
Laat ons swaar tonge woorde vind
wat van U liefde en skoonheid getuig.
Kom Heilige Gees, heilig ons, sterk ons en bly by ons.
- Deel van 'n Russiese gebed -
________________________
Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is,
is tog opgeteken om ons te leer
sodat ons deur die standvastigheid
en bemoediging wat die Skrif ons gee,
vol hoop kan wees.
- Romeine 15:4 -
________________________
Groot en wonderbaarlik is u dade,
Here God, Almagtige.
Reg en betroubaar is u optrede,
Koning van die nasies.
Wie sal U nie vrees nie, Here,
en u Naam nie verheerlik nie?
U alleen is heilig!
Al die nasies sal kom en U aanbid,
want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.
- Openbaring 15:3-4 -
________________________
As mens het Jesus in die wêreld gekom,
deur die Gees is bevestig
dat die reg aan sy kant is,
aan die engele het Hy verskyn;
aan die heidennasies is Hy verkondig,
in die hele wêreld is Hy geglo,
en in heerlikheid is Hy opgeneem.
- 1 Timoteus 3:16 -
________________________
Party het in die donker gesit, in diep duisternis,
hulle was gevangenes, in ellende en in boeie,
want hulle het hulle verset teen die bevele van God,
hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.
Hy het hulle laat knak onder swaarkry,
hulle het inmekaar gesak, en niemand het gehelp nie.
Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp,
en Hy het hulle bevry van hulle ellende.
Hy het hulle uit die donker, uit die diep duisternis, laat uitkom,
Hy het hulle boeie stukkend gebreek.
- Psalm 107:10-14 -
________________________
Laat ons
wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het,
dan nou dankbaar wees.
Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag,
soos Hy dit wil, want ons God is 'n verterende vuur.
- Hebreërs 12:28 -
________________________
Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak,
maar die siel nie kan doodmaak nie.
Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam
as die siel in die hel kan laat vergaan.
- Mattheus 10:28 -
________________________
God is my redding en my krag.
Hy is my rots, my sterkte,
God is my toevlug.
Vertrou altyd op Hom, my volk,
stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons 'n toevlug.
- Psalm 62:8-9 -
________________________
In groen weivelde laat Hy my rus;
na water waar daar rusplek is, lei Hy my.
Hy gee my nuwe lewenskrag;
Hy lei my op die regte paaie
ter wille van sy Naam.
- Psalm 23:2-3 (direkte vertaling) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css