Moenie in julle toewyding verslap nie,
bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking;
volhard in gebed.
- Romeine 12:11-12 -
________________________
Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee,
sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.
Nee, die water wat Ek hom sal gee,
sal in hom 'n fontein wees met water
wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.
- Johannes 4:14 -
________________________
Die koninkryk van God is tog nie 'n saak van kos en drank nie,
maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
- Romeine 14:17 (Direkte vertaling) -
________________________
Wees waaksaam en bid altyddeur
dat julle die krag kan ontvang
om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur,
behoue deur te kom en om
voor die Seun van die mens te verskyn.
- Lukas 21:36 -
________________________
Ek is die HERE, Ek bring uitkoms vir julle.
Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens,
vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?
- Jesaja 51:12 -
________________________
Wees in alle omstandighede dankbaar,
want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
- 1 Tessalonisense 5:18 -
________________________
Daar is geen beter troos nie
as die helder wete dat ons,
terwyl ons in ellende verkeer,
deur die God van liefde vasgehou word.
- Johannes Calvyn (1509 – 1564) -
________________________
Wat julle ook al doen,
doen dit van harte soos vir die Here
en nie vir mense nie,
omdat julle weet
dat julle van die Here as beloning sal kry
wat Hy belowe het.
- Kolossense 3:23-24 -
________________________
Jy kan nie struikel
as jy op jou knieë is nie.
- Charles H Spurgeon (1834-1892) -
________________________
Die gelowige word elke jaar jonger
omdat hy nader aan die ewigheid kom.
- Dr J H Gunning (1858-1940) -
________________________
Ons stem almal saam dat dit
reg en noodsaaklik is om te vergewe
- totdat ons dit self moet doen.
- C S Lewis (1898-1963)-
________________________
Besef julle nie dat julle liggaam
'n tempel van die Heilige Gees is nie?
Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon,
van God ontvang,
en julle behoort nie aan julleself nie.
- 1 Korintiërs 6:19 -
________________________
Die dood wat eers gelyk het na 'n donker grot
is deur Christus omskep
tot 'n helder deurgang na die lig.
- Charles Haddon Spurgeon (1834-1892) -
________________________
Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie,
het ons vrymoedigheid om na God te gaan;
en wat ons vra, kry ons van Hom
omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind.
En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo
en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig
die gebod wat Hy ons gegee het.
- 1 Johannes 3:21-23 -
________________________
Vrees het aan die deur geklop.
Geloof het oopgemaak.
Daar was niks te sien nie.
- Anoniem -
________________________
Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil;
jou siel sal Hy bewaar.
Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar,
van nou af tot in ewigheid.
- Psalm 121:7-8 (53-vertaling) -
________________________
Soms laat die Here die storm bedaar;
soms laat Hy die storm voortwoed
en kalmeer sy kind.
- Onbekend -
________________________
Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis,
my veilig laat skuil in sy woonplek,
my hoog op 'n rots laat staan;
ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring,
ek sal 'n lied sing,
ek sal sing tot die eer van die Here
terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.
- Psalm 27:5-6 -
________________________
Klim ek op na die Hemel
of daal ek af na die donker dieptes van die aarde,
gaan ek na die ooste waar die son opkom
of gaan woon ek in die verre weste waar die son ondergaan,
ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas.
- Psalm 139: 8-10 -
________________________
Om wraak gedagtes teen iemand te koester
is soos om self gif te drink en te wag
dat dáárdie persoon moet sterf.
- Augustinus Aurelius (354-430 nC) -
________________________
Wat jy sien en wat jy hoor
hang in 'n groot mate af van waar jy staan.
- CS Lewis (1898-1963) -
________________________
Maar selfs as julle sou ly
omdat julle doen wat reg is,
moet julle dit as 'n voorreg beskou.
Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie.
- 1 Petrus 3:14 -
________________________
Ons weet almal dat geld nie geluk kan koop nie.
Huidige navorsing bevestig die eeue oue wysheid:
tevredenheid kom deur diensbaar te wees,
goed aan ander te doen en op die hede te fokus.
- Harvard Mediese Skool -
________________________
Die hoofbestanddeel van alle geluk
is innerlike vrede
- William Wordsworth (1770-1850) -
________________________
O Here, laat nie gebeur dit wat ek begeer nie,
maar dít wat in U oë reg is.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) -
________________________
Maar julle byt en verskeur mekaar;
pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.
Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word,
dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.
- Galasiërs 5:15-16 -
________________________
Die rykdom in jou hart
kan nooit gesteel word nie.
- Russiese spreekwoord -
________________________
As ek die begeerte mog waag,
sou ek dit graag so wil hê
dat die engel wat my kom haal huis toe,
my daar bring met die verslag:
"Ek het hom by sy werk gekry”
- CJ Langenhoven (1873-1932) -
________________________
So spreek die HERE:
Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie,
waar tog die goeie weg is, en wandel daarin;
en julle sal rus vind vir julle siel.
- Jeremia 6:16 (53-vertaling) -
________________________
Niks kan ons beter troos nie
as die helder wete dat ons,
midde-in ons ellende,
deur die God van liefde vasgehou word.
- Johannes Calvyn (1509 – 1564) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css