Daar is niks belangriker as dat ons
ons in geloof en kinderlike vertroue
op God sal verlaat nie
- Carl Heinrich von Bogatzky (1690-1774) -
________________________
Al is ek afgetakel na liggaam en gees,
God is my sterkte;
aan Hom behoort ek vir altyd.
- Psalm 73:26 -
________________________
Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie.
Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin,
want U is God, my redder.
In U stel ek elke dag my verwagting.
- Psalm 25:4 -
________________________
Elke mens het sy verborge verdriet wat ander nie sien nie,
en ons noem 'n persoon dikwels afsydig,
terwyl hy niks anders is as net moedeloos nie.
- Henry Wadsworth Longfellow (1807 – 1882) -
________________________
Dit is beter om haweloos te wees
as hoop-loos.
- Pavel Kosorin -
________________________
Ek is nie bang vir die duisternis daarbuite nie,
dit is die duisternis in mense se harte
wat my angstig maak.
- onbekend -
________________________
Alle mense is soos gras,
alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom:
gras verdor en blomme verwelk
as die Here sy wind daaroor laat waai.
Dit ís so, die volk is soos gras.
Gras verdor en blomme verwelk,
maar die woord van ons God bly vir ewig.
- Jesaja 40:6-8 -
________________________
Dra dan vrugte wat by die bekering pas....
Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome.
Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie,
word uitgekap en in die vuur gegooi.
- Mattheus 3:8-10 (53-vertaling) -
________________________
Ons moet kniel voor God .....
en dan opstaan vir die lewe.
Ons kan dalk oor klippe val.
Ons kan dalk iewers dwaal.
Ons kan dalk deur die donker oorval word.
Die wolke kan dalk rondom ons toetrek
en die ysige stortreën op ons neergiet.
Maar ons loop aan, wetende dat die ewige,
onsienlike God oor ons waak.
- Izak de Villiers (1936-2009) -
________________________
Die Lewe het gekom;
ons het Hom gesien en is getuie daarvan,
en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe
wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is.
- 1 Johannes 1:2 -
________________________
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.
As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,
sal Ek by hom ingaan
en saam met hom die feesmaal hou,
en hy saam met My.
- Openbaring 3:20 -
________________________
.. Moenie skaam wees om die boodskap
van die Here te verkondig nie .....
Hy het ons gered en ons geroep
om aan Hom toegewy te wees.
Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie,
maar op grond van sy eie besluit
en die genade wat Hy van ewigheid af
in Christus Jesus aan ons geskenk het.
- 2 Timoteus 1:8-9 -
________________________
Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk,
'n koninklike priesterdom,
'n nasie wat vir God afgesonder is,
die eiendomsvolk van God,
die volk wat die verlossingsdade moet verkondig
van Hom wat julle uit die duisternis geroep het
na sy wonderbare lig.
- 1 Petrus 2:9 -
________________________
Toe het ek 'n groot wit troon gesien
en die Een wat daarop sit.
Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee,
en daar was nie meer plek vir hulle nie.
- Openbaring 20:11-
________________________
So sê die Here jou Verlosser
wat jou in die moederskoot gevorm het:
Ek is die Here, Ek het alles geskep,
Ek alleen het die hemel oopgespan,
Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie.
Ek stel die toekomsvoorspellers aan die kaak,
Ek maak die waarsêers belaglik.
Ek weerlê dié geleerde mense,
Ek ontmasker hulle kennis as dwaasheid.
- Jesaja 44:24-25 (83-vertaling) -
________________________
Kyk, Ek is die HERE, die God van alle vlees;
sou enige ding vir My te wonderbaar wees?
- Jeremia 32:27 -
________________________
Die wêreld is nie soos 'n gebou wat voortbestaan
al is die boumeester afwesig nie.
As God sy hand van die wêreld wegneem
sal dit ophou met bestaan.
- Augustinus Aurelius (354 – 430) -
________________________
Omdat God ons vergewe het
behoort ons onsself ook te vergewe.
- CS Lewis (1898 – 1963) -
________________________
As die hart tot harmonie geknee is
deur die stampe op ons pad,
ook tussen die klein dingetjies waarmee ons omgaan,
dan sal ons die rus en die vrede
in ons eie binnekamer vind.
Elders sal ons dit nooit vind nie.
- John van der Berg (1913-1974) -
________________________
Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg,
hulle het niks kortgekom in die woestyn nie.
Hulle klere het nie verslyt nie,
hulle voete het nie geswel nie.
- Nehemia 9:21 -
________________________
Moenie op jou eie hoop steun nie,
maar steun op Christus,
die bron van jou hoop.
Charles H Spurgeon (1834-1892) -
________________________
Leer ons om te dien soos U van ons verwag;
om te gee en nie die koste te bereken nie;
om te veg en nie op die wonde ag te gee nie;
om te werk en nie na rus te soek nie
en nie te vra vir enige beloning nie
behalwe die wete dat ons u heilige wil doen.
- Ignatius van Layola (1491-1561)
________________________
Hou vas aan die lewe!
Hou vas aan die hoop!
Hou vas aan God!
En op 'n dag sal die lig weer begin skyn.
- IL de Villiers -
________________________
Hoe donker dit ook al is,
is ons nooit ver van die lig nie.
- Francois de Sales (1567 – 1622) -
________________________
Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet.
Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.
- Openbaring 3:19 -
________________________
Moenie in julle toewyding verslap nie,
bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking;
volhard in gebed.
- Romeine 12:11-12 -
________________________
Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee,
sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.
Nee, die water wat Ek hom sal gee,
sal in hom 'n fontein wees met water
wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.
- Johannes 4:14 -
________________________
Die koninkryk van God is tog nie 'n saak van kos en drank nie,
maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
- Romeine 14:17 (Direkte vertaling) -
________________________
Wees waaksaam en bid altyddeur
dat julle die krag kan ontvang
om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur,
behoue deur te kom en om
voor die Seun van die mens te verskyn.
- Lukas 21:36 -
________________________
Ek is die HERE, Ek bring uitkoms vir julle.
Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens,
vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?
- Jesaja 51:12 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css