Al storm dit op aarde,
dit is rustig in die hemel.
- Johannes Calvyn (1509 -1564) -
________________________
Wees sterk en hou goeie moed,
julle almal wat julle vertroue in die Here stel.
- Psalm 31:25 -
________________________
Soos waters die seebodem bedek,
so sal die magtige teenwoordigheid van die Here
oral op die aarde geken word.
- Habakuk 2:13-14 -
________________________
Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land,
almal wat doen wat die Here wil.
Streef na geregtigheid, na nederigheid!
- Sefanja 2:3 -
________________________
Dis nie wat ons vra nie,
maar wat sin maak vir ons lewe,
wat verhoor word;
nie wat ons begeer nie
– begeerte is swakheid -
maar wat nodig is vir ons wese.
- Emil Gött (1864 – 1908) -
________________________
God is barmhartig wanneer Hy ons
nie gee wat ons verdien nie,
en Hy is genadig wanneer Hy ons
gee wat ons nie verdien nie.
- Dr Arnold Mol -
________________________
As die menslike lewe sy werklike doel wil dien,
moet hy voortdurend die goedheid
wat hy van God ontvang
deurgee na ander.
- Carl Hilty (1831 – 1909) -
________________________
God wat gesê het:
Laat daar lig skyn uit die duisternis,
het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig
met die kennis van die heerlikheid van God,
wat van Jesus Christus uitstraal.
- 2 Korintiërs 4:6 -
________________________
Waar die hoogmoed toeneem,
daar neem die geluk af.
- Duitse spreekwoord -
________________________
Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie,
maar ook aan dié van ander.
Dieselfde gesindheid moet in julle wees
wat daar ook in Christus Jesus was.
- Filippense 2:4-5 -
________________________
Die heilige diepte van die mens se bestaan
word alleen vir die eerbiedig gestemde gees ontsluit.
- Prins Philipp von Hessen-Darmstadt (1699 – 1768) -
________________________
So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is,
ons in Christus uitverkies
om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
In sy liefde het Hy ons,
volgens sy genadige beskikking,
toe ook al daarvoor bestem
om deur Jesus Christus sy kinders te wees.
- Efesiërs 1:5-6 -
________________________
Daar is 'n punt waar geloof en kennis
tóg bymekaar uitkom.
- Michael Richter -
________________________
Waarheid is nie noodwendig
wat 'n mens self vir waarheid hou nie.
Daar is maar net één waarheid -
die Waarheid wat van God kom.
________________________
Vrees is 'n slegte raadgewer!
- Jörg Bauer -
________________________
Daar is geen waarheid buite die liefde nie.
- Blaise Pascal (1623 – 1662) -
________________________
Moenie lewe vir 'n korte tyd
lewe vir die ewigheid.
- Johann W L Gleim (1719 – 1803) -
________________________
Die grootheid, HERE, die krag, die glans,
die roem en die majesteit behoort aan U,
ja, alles in die hemel en op aarde.
Aan U, Here, behoort die heerskappy;
U is bo almal verhewe.
- 1 Kronieke 29:11 -
________________________
Met U loop ek ‘n bende storm,
en met my God spring ek oor ‘n muur.
Die weg van God is volmaak;
die woord van die HERE is gelouter;
Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.
- Psalm 18:29-30 (53-vertaling) -
________________________
Negatiewe berigte
is indringerbosse
wat welig groei
om die Wegwyser te verdring.
________________________
Negatiewe berigte
is indringerbosse
wat welig groei
om die Wegwyser te verdring.
________________________
Net Jesus kan my blindheid weg was,
sodat ek vir die eerste keer kan sien en insien,
en Hóm kan sien.
- Murray Janson (1928-2002) -
________________________
Toe u woorde gevind is,
het ek hulle verslind.
U woorde was vir my 'n vreugde,
'n genot vir my hart.
U Naam is immers
oor my uitgeroep,
HERE, die God wat Heerser is
oor alle magte!
- Jeremia 15:16 (direkte vertaling) -
________________________
Elke afdraai paadjie ken ek,
elke keer het ek verdwaal,
elke keer het U my iewers kom haal,
maak dit Heer die laaste maal.
Uit “Gebed”deur Koos du Plessis.
________________________
Die woord van God is lewend en kragtig.
Dit is skerper as enige swaard met twee snykante
en dring deur selfs tot die skeiding
van siel en gees en van gewrigte en murg.
Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.
- Hebreërs 4:12 -
________________________
Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige.
Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies.
Wie sal U nie vrees nie, Here,
en u Naam nie verheerlik nie?
U alleen is heilig!
Al die nasies sal kom en U aanbid,
want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.
- Openbaring 15:3-4 -
________________________
Daar is egter maar een Wetgewer en Regter,
en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg.
Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste?
- Jakobus 4:11 -
________________________
Jy hoef nie jouself eers te verander
voordat jy jou na God wend nie,
want omdat jy jou na Hom wend,
sal jy verander.
- Klaus Hemmerle (1929 – 1994) -
________________________
Ons werklike vaderland staan vir ons oop.
In die menswording het God
sy diepste geheimenis geopenbaar.
Die Seun van God word mens,
sodat die mens 'n tuiste het in God.
- Hildegard von Bingen (1098 – 1179) -
________________________
Gelukkig is dié mens
wat 'n rustige hart kan behou
in die chaos en die rumoer
van die moderne wêreld.
- Patience Strong (1907 -1990)-
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css