Die Here is 'n vesting vir dié wat verslae is.
'n Vesting in tyd van nood.
- Onbekend -
________________________
In ouderdom neem ons almal toe van dag tot dag,
ons lewe vlieg verby; die boodskap van die klok se slag.
Tog, dis tyd wat benut moet word; genadetyd.
Kort is die aardse tyd, en lank die ewigheid.
- Onbekend -
________________________
Wie kan en wil werk
sal ook in eensaamheid geluk vind,
en wie verstandig genoeg is
om God se wysheid in die natuur te sien
sal God se tempel in alles bemerk.
- Julie Burow (1806 - 1868) -
________________________
Want Hy is onse God,
en ons is die volk van sy weide
en die skape van sy hand.
Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!
- Psalm 95:7 (53-vertaling) -
________________________
Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God,
want ek sal Hom weer loof
vir die verlossing wat sy teenwoordigheid bring.
- Psalm 42:6 (direkte vertaling) -
________________________
Die oomblik wat dit tot my deurdring
dat daar bokant hierdie wêreld
'n lewende Hart klop
sal alle angs van my ontneem word.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Daar is 'n weg uit alle nood,
te alle tye, vir alle mense.
Daar is 'n weg uit die diepste verdriet,
uit die gruwelikste lewensverwoesting,
uit die donkerste wanhoop,
uit die grootste skuld.
As jy regtig niks meer kan uitrig nie,
as jy voel dat jy
aan die einde van die weg gekom het
met die mense en die wêreld rondom jou,
en ook met jouself,
dan is daar 'n Stem agter jou wat fluister
“daar is 'n weg!”
- Ds Gabe van Duinen (1892-1971) -
________________________
Hulle wat hierdie geloof en hoop opgegee het,
hulle het slap geword en het hul krag verloor.
- Augustinus Aurelius (354-430 nC). -
________________________
Dit is ongetwyfeld so dat vrees
vir ‘n gevaarlike of moeilike situasie
soms meer ellende en verdriet kan veroorsaak,
as die situasie self.
Maar geloof versterk die rug van die persoon
wat op God vertrou
en keer die beker van wanhoop om.
- Charles Spurgeon (1834 – 1892) -
________________________
Dit is gerusstellend om in 'n woedende storm op 'n boot te wees
wanneer 'n mens weet dat dit veilig in die hawe sal aankom.
- Blaise Pascal (1623 – 1662) -
________________________
God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
Daarom is ons nie bang nie,
al gee die aarde pad,
al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
al druis en skuim die waters van die see,
al skud die berge deur sy onstuimigheid.
- Psalm 46:2-3 -
________________________
Die regverdige sal nooit wankel nie,
hy sal altyd onthou word.
Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie,
hy is gerus, hy vertrou op die Here.
Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie.
- Psalm 112:6-8 -
________________________
Onderwerp julle dan aan God.
Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.
Onderwerp julle in nederigheid voor die Here,
en Hy sal julle verhoog.
- Jakobus 4:7 en 10 -
________________________
Wees oor niks besorg nie,
maar laat julle begeertes in alles
deur gebed en smeking
met danksegging bekend word by God.
- Filippense 4:6 -
________________________
In my is donkerte, maar by U is lig;
ek is eensaam, maar U bly by my;
ek is bang, maar U vertroos my;
in my is onrus, maar by U is vrede;
in my is bitterheid, maar by U is lankmoedigheid;
ek verstaan U weë nie, maar U ken die weg vir my.
- Dietrich Bonhoeffer (1905 – 1945) -
________________________
So sê die Here:
Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie,
die soldaat nie in sy krag nie,
die ryk man nie in sy rykdom nie.
Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken.
Ek is die Here. Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde,
want dit is wat Ek wil hê, sê die Here.
- Jeremia 9:23-24 -
________________________
Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is,
het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus.
- Romeine 5:1 (53-vertaling) -
________________________
Ware bekering is om ons eie wil prys te gee
en onsself aan die wil van God te onderwerp.
- Andrew Murray (1828-1917) -
________________________
In ontsag vir die HERE lê daar sterk vertroue,
en vir iemand se kinders bied dit 'n skuilplek.
Ontsag vir die HERE is 'n bron van lewe,
sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word.
- Spreuke 14:26-27 (direkte vertaling) -
________________________
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê,
want daarmee sal julle al die brandpyle
van die Bose kan afweer.
Sit verlossing as helm op
en vat die swaard van die Gees,
dit is die woord van God.
Doen dit alles biddend
en smeek God by elke geleentheid deur die Gees.
Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.
- Efesiërs 6:15-18 -
________________________
Deur wysheid word ‘n huis gebou,
en deur verstand word dit bevestig.
- Spreuke 24:3 (53-vertaling) -
________________________
Vertrou op die HERE met jou hele hart
en steun nie op jou eie insig nie.
Ken Hom in al jou weë,
dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
- Spreuke 3:5-6; 53-vertaling -
________________________
Al God se mense is gewone mense
wat uitsonderlik gemaak is
deur Sy plan met hulle.
- Oswald Chambers (1874 - 1917) -
________________________
Maar dít sal ek ter harte neem
en om dié rede bly ek hoop:
deur die liefde van die Here
het ons nie vergaan nie;
daar is geen einde aan sy ontferming nie,
dit is elke môre nuut.
U trou is groot.
- Klaagliedere 3:21-23 -
________________________
Ons swaarkry in hierdie lewe
is maar gering en gaan verby,
maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid
wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
-2 Korintiërs 4:17 -
________________________
Ek noem julle nie meer diensknegte nie,
omdat die dienskneg nie weet
wat sy heer doen nie.
Maar Ek het julle vriende genoem,
omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het,
aan julle bekend gemaak het.
- Johannes 15:15 (53-vertaling) -
________________________
Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike,
onbesmette en onverwelklike erfenis
wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
En omdat julle glo,
word ook julle deur die krag van God
veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is
om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
- 1 Petrus 1:3-5 -
________________________
Sonder geloof, liefde en hoop is daar
logieserwys geen lewe nie.
Elk is immers 'n resultaat van die vorige.
- Ödön von Horváth (1901 – 1938) -
________________________
Die dag as ek vrees,
sal ék op U vertrou.
- Psalm 56:4 -
________________________
Geloof bring vir ons antwoorde op die vrae
waarvoor die intellek geen oplossings het nie.
- Leo Tolstoy (1828 - 1910) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css