Wat God doen, is volmaak;
wat die Here sê, is suiwer.
Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy.
- Psalm 18:31 -
________________________
Dié mens is die gelukkigste wat
van dag tot dag kan leef
en vir niks meer vra nie
as om die eenvoudige goedheid van die lewe te waardeer.
- Euripides (480 – 406 vC) -
________________________
En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien,
want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan;
en die see was daar nie meer nie.
- Openbaring 21:1 -
________________________
Met die geloof kan jy dinge waarneem
wat nie met die sintuie moontlik is nie,
maar tog sal dit nooit die sintuie weerspreek nie.
- Blaise Pascal (1623 – 1662) -
________________________
As ons nie vrede in onsself het nie,
sal ons dit tevergeefs buite onsself gaan soek.
- Francois de La Rochefoucauld (1613-1680) -
________________________
Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen;
U dink altyd aan ons;
daar is niemand soos U nie.
Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem.
- Psalm 40:6 -
________________________
Moed is ........
die kennis hoe om te vrees wat gevrees moet word
en hoe om nie te vrees wat nie gevrees moet word nie.
- David Ben-Gurion (1886 – 1973) -
________________________
Toe ek na U geroep het,
het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee.
- Psalm 138:3 -
________________________
'n Gebed het meer van die hart nodig
en minder van die mond.
- Adam Clarke (1760-1832) -
________________________
Moenie bid vir 'n gemaklike lewe nie,
maar bid om sterker te kan wees.
Moenie bid vir 'n taak wat by jou kragte pas nie,
maar bid om krag vir jou taak.
- Phillips Brooks (1835 – 1893) -
________________________
Wie kwaad van jou praat,
doen dit omdat hulle ongelukkig is.
Bid daarom vir hulle,
want hoe beklaenswaardig is húlle wat 'n tekort aan liefde het.
- Okke Jager (1928 – 1992) -
________________________
As jy nie vrede in jouself kan vind nie,
hoef jy dit ook nie op 'n ander plek te gaan soek nie.
- Francois de La Rochefoucauld (1613-1680) -
________________________
Ons lewe in 'n wêreld wat gevul is met kommer en angs....
daarom het ons die vrede van God nodig
wat oor ons harte en gedagtes die wag kan hou.
- Jerry W McCant -
________________________
Ek weet dat ek Iemand naby my het
op wie ek, sonder voorbehoud, my vertroue kan plaas
en dit is dít wat my rus en krag gee.
- Edith Stein (1891 – 1942 te Auschwitz) -
________________________
Dié wat aan Christus Jesus behoort,
het hulle sondige natuur
met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.
Ons lewe deur die Gees;
laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.
- Galasiërs 5:24-25 -
________________________
Ek het as die lig na die wêreld toe gekom,
sodat dié wat in My glo,
nie in die duisternis sou bly nie.
- Johannes 12:46 -
________________________
Vir die wêreldse mens gaan dit
om die triomf van die eie wil;
vir die gelowige
om die triomf van die geloof.
________________________
In die dood begin die lewe.
- Sigrun Hopfensperger -
________________________
Met geld kan jy dien
óf jy kan geld dien.
- Manfred Hinrich (1926 – 2015) -
________________________
Bekommernis en geld is metgeselle wat mekaar die hand reik.
- Lord Chesterfield (1694 – 1773) -
________________________
Die hulpeloses en die armes soek water,
maar daar is nie; hulle versmag van dors.
Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor,
Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
- Jesaja 41:17 -
________________________
Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,
en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie,
dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak,
want die Gees deursoek alle dinge,
ook die diepste geheimenisse van God.
- 1 Korintiërs 2:9-10 -
________________________
Ek weet nie wat die toekoms bring nie,
maar ek weet Wie die toekoms bring.
- Detlev Fleischhammel -
________________________
God is my redder; Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.
- Jesaja 12:2 -
________________________
So sê die Here my God:
Ek gaan in Sion 'n klip neersit, 'n uitgesoekte klip,
'n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit.
Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie.
- Jesaja 28:16 (83-vertaling) -
________________________
Die innerlike wese van die liefde is oorgawe.
God, wat liefde is,
het Homself gegee aan die mens
wat Hy tot liefde geskape het.
- Edith Stein (1891 – 1942 te Auschwitz) -
________________________
Wanneer ons opsetlik bly sondig
nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het,
is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie.
- Hebreërs 10:26 -
________________________
Ons verheug ons ook in die hoop
om deel te hê aan die heerlikheid van God.
Dit is egter nie al nie.
Ons verheug ons ook in die swaarkry,
want ons weet: swaarkry kweek volharding,
en volharding kweek egtheid van geloof,
en egtheid van geloof kweek hoop;
en dié hoop beskaam nie,
want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:2-5 -
________________________
As God sy seën oor ons uitspreek,
beteken dit nie sukses of voorspoed nie.
As ons God se seën vra
is dit om met dankbaarheid te ontvang
wat God vir ons persoonlik bestem het
- Dr E L Smelik (1900-1985) -
________________________
Huigelary en uiterlike vroomheid
is die klatergoud van ons verdorwenheid.
- Pietro Aretino (1492 – 1556) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css