Christus is nie net ons Helper nie;
Hy is ons hele lewe.
Christus werk nie saam met ons nie;
Hy werk deur ons.
- William Temple (1881 – 1944) -
________________________
Liefde is die enigste diens
wat nie deur mag beveel,
en met geld gekoop kan word nie.
- Onbekend -
________________________
Leer ons, Here, om te dien soos U dit van ons verwag;
om te gee en nie die koste te bereken nie;
om te veg en nie op die wonde ag te slaan nie;
om te arbei en nie na rus te soek nie;
om te werk en nie te vra vir enige beloning nie
behalwe die wete dat ons U heilige wil doen.
- Ignatius van Loyola (1491-1556) -
________________________
Toe ek gedink het my voete gly,
het u troue liefde my regop gehou, Here.
Toe ek met baie onrus in my binneste sit,
het u vertroosting my tot rus gebring.
- Psalm 94:18-19 -
________________________
Niks kan ons beter troos nie as die helder wete,
dat ons midde-in ons ellende,
deur die God van liefde vasgehou word.
- Johannes Calvyn (1509-1564) -
________________________
Bid dat jou eensaamheid jou sal aanspoor
om iets te vind om voor te lewe -
iets so groot dat jy van jouself sal vergeet,
en so edel dat jy ook bereid sal wees
om daarvoor te sterf.
- Dag Hammarskjöld (1905 -1961) -
________________________
Solank as wat ons in die wêreld leef
kan ons lyding en versoeking nie ontvlug nie.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
________________________
God het ons vir Homself gemaak
en ons harte bly onrustig
totdat ons rus gevind het in Hom.
- Augustinus Aurelius (354-430 nC) -
________________________
Hoop is 'n standhoudende fontein
in die hart van die gelowige.
________________________
Ek het altyd hoop.
Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie,
weet ek in Wie se hande die toekoms is.
- E Stanley Jones (1884-1973) -
________________________
Sommige mense se godsdiens
herinner my aan 'n hobbelperdjie:
daar is baie beweging,
maar geen vooruitgang nie.
- Onbekend -
________________________
Hoop is geloof wat sy hande in die donker uitsteek.
- George Iles (1852-1942) -
________________________
Om volgens u verordeninge te lewe,
gee my meer vreugde
as al die rykdom van die wêreld.
- Psalm 119:14 (83-vertaling) -
________________________
O mens, troos jou hieraan:
Jy sou God nie gesoek het
as Hý jou nie reeds gevind het nie.
- Blaise Pascal (1623-1662) -
________________________
Die lewe van gebed
is die siel van ons lewe.
- J H Gunning (1858-1940) -
________________________
'n Lewe sonder geloof
skep vir jou 'n veels te klein
ruimte om werklik te leef.
- George Lancaster Spalding (1840 – 1916) -
________________________
My genade is vir jou genoeg.
My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.
Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem,
sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
- 2 Korintiërs 12:9 -
________________________
'n Enkele gebeurtenis
kan 'n persoonlikheid binne jou
wakker maak
wat jy nie eers geweet het
bestaan nie.
- Antoine de Saint-Exupéry (1900 – 1944) -
________________________
Jy hoef nie hard te skree nie;
Hy is nader aan ons as wat ons dink.
- Brother Lawrence (1614 – 1691) -
________________________
Niemand is tevrede met sy rykdom
of ontevrede met sy gees nie.
- Antoinette Deshoulières (1638-1694) -
________________________
Jy kan nie besluit wanneer jy gaan sterf
of hóé jy gaan sterf nie.
Maar jy kan wel besluit hóé jy gaan lewe.
- Joan Baez -
________________________
Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het,
wat insig as sy deel ontvang het,
want dit bring meer winste in as silwer
en lewer 'n groter opbrengs as goud.
Dit het meer waarde as edelstene;
wat jy ook al as kosbaar beskou,
niks kan daarmee vergelyk word nie.....
Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp,
dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.
- Spreuke 3:13-18 -
________________________
Daar is armes met groot geestelike rykdom
en rykes met groot geestelike armoede.
- onbekend -
________________________
Daar is geen punt daarin om die byl te begrawe
en dan die plek te merk waar dit begrawe is nie!
- Sydney Harris (1917-1986) -
________________________
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,
maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is,
wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
- Romeine 12:2 -
________________________
Geloof in God
is die enigste anker vir die siel
in 'n stormagtige wêreld.
________________________
Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God
en wie kinders van die duiwel is:
iemand wat nie regverdig lewe nie
en nie sy broer liefhet nie,
behoort nie aan God nie.
- 1 Johannes 3:10 -
________________________
Baie mense wil nie eerlike antwoorde hê nie
omdat dit onaangenaam en ontstellend kan wees.
Hulle soek 'n sagte antwoord om die angstigheid weg te neem.
- Louis Kronenberger (1904-1980) -
________________________
Ons begryp die misterie van die atoom
maar verwerp die Bergrede (sien Mat 5-7).
- Generaal Omar N Bradley (1893 – 1981) -
________________________
Angstigheid neem nie môre se leed weg nie,
maar wel die krag vir vandag.
- Charles Haddon Spurgeon (1834-1892) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css