'n Grondige kennis van die Bybel
is meer werd as 'n universiteitsgraad.
-Theodore Roosevelt (1858 – 1919) -
________________________
Is 'n mens se lewe dalk nie net 'n brief
wat eers na die dood oopgemaak word nie?
- Onbekend -
________________________
Maar die goedertierenheid van die HERE
is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees,
en sy geregtigheid vir kindskinders,
vir die wat sy verbond hou
en aan sy bevele dink om dié te doen.
- Psalm 103:17-18 (53-vertaling) -
________________________
Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen,
dit is genade van God.
Juis hiervoor is julle ook geroep,
omdat Christus self vir julle gely
en so vir julle 'n voorbeeld gestel het,
sodat julle in sy voetspore kan volg.
- 1 Petrus 2:20-21 -
________________________
Ek glo in God! - Dit is 'n pragtige, lofwaardige woord;
maar om God te herken in hoe en waar Hy Homself openbaar,
dít is werklik saligheid op aarde.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1832) -
________________________
Solank ons kan groei en ryp word,
word ons geen grysaards nie.
- Dr Th Bovet (1900- 1976) -
________________________
God wat alle genade gee
en wat julle geroep het om in Christus Jesus
deel te hê aan sy ewige heerlikheid,
sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het,
self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.
- 1 Petrus 5:10 -
________________________
As ons gee van ons liefde en ons vriendskap en ons troos,
is ons maar weer slegs die begenadigde saaiers
van die saad van die groot LEWE.
Die groei en die wasdom en die oes is nie in ons hande nie,
en tog deel ons weer mildelik daarin.
- John van der Berg (1913 -?) -
________________________
Ken Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad laat loop.
- Spreuke 3:6 -
________________________
Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeug
en jou jong dae ten volle geniet.
Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou,
maar moenie vergeet dat God
van jou rekenskap sal eis oor alles nie.
- Prediker 11:9 -
________________________
Vroeër was julle die ene duisternis,
maar nou in die Here is julle lig.
Leef dan as mense van die lig.
Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.
- Efesiërs 5: 8-9 -
________________________
Vanaf die mees troostelose ongeloof
lei die weg na die onsinnigste bygeloof.
- Ignaz Heinrich von Wessenberg (1774 – 1860) -
________________________
Daar is basiese menslike grondbeginsels
waarheen die lewe vroeër of later terugkeer.
Ons moet dus nie haastig wees nie,
ons moet kan wag.
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) -
________________________
Ons vreugde, ons vrede, ons rus,
en die einde van al ons laste, is by God.
Gelukkig is dié wat hul harte tot Hom wend!
- Augustinus Aurelius (354-430 nC) -
________________________
Wanneer die Heilige Gees in 'n siel uitgestort is,
verander dit ook dié mens se woorde en dade.
Waar dit nie geskied nie, is daar valsheid.
- Angela van Foligno (1248 - 1309) -
________________________
Ons het inderdaad
deelgenote van Christus geword,
mits ons enduit stewig vashou
aan ons aanvanklike geloofsvertroue.
- Hebreërs 3:14 (direkte vertaling) -
________________________
Dit is nie vir ons nodig om te weet
wat die toekoms inhou nie.
Al wat ons nodig het, is die krag vir vandag.
- Charles Haddon Spurgeon (1834 – 1892) -
________________________
Omdat dit sy wil was,
het God ons deur die woord van die waarheid
tot die lewe gebring,
sodat ons, om dit so te stel,
eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het.
- Jakobus 1:18 -
________________________
God het sy wet, sy gebooie,
nie met 'n vervaldatum voorsien nie,
want 'n ewige waarheid bly altyd 'n ewige waarheid,
hoe die tye ook al mag verander.
- Gudrun Zydek -
________________________
Daar is 'n lewenswyse
wat vir 'n mens reg kan lyk,
maar die uiteinde daarvan is die dood.
- Spreuke 14:12 -
________________________
'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees
as aan mense!
- Handelinge 5:29 -
________________________
Vertrou volkome op die Here
en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
Ken Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad laat loop.
- Spreuke 3:5-6 -
________________________
Sonder Christus het ons in die lewe geen vrede,
in die dood geen vertroosting,
vir die sonde geen vergifnis.
- Theodor Fliedner (1800 – 1864) -
________________________
Jesus antwoord hulle:.....
My skape luister na my stem;
Ek ken hulle, en hulle volg My.
Ek gee hulle die ewige lewe,
en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
Dié wat my Vader vir My gegee het,
is die belangrikste van almal,
en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
Ek en die Vader is een.
Johannes 10:25-30 -
________________________
Kyk, hy wat nie opreg is nie,
kwyn weg -
maar die regverdige -
deur sy betroubaarheid sal hy lewe.
- Habakuk 2:4 (direkte vertaling) -
________________________
Soek julle krag in die Here
en in sy groot mag.
- Efesiërs 6:10 -
________________________
Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let!
Wie verstandig is, laat hom dit erken!
Want die weë van die HERE is reg;
en die regverdiges sal daarop wandel,
maar die oortreders daarop struikel!
- Hosea 14:10 (53-vertaling) -
________________________
Mag die vrede van God
wat alle verstand te bowe gaan,
oor ons harte en gedagtes die wag hou
in Christus Jesus
- nav Filippense 4:7 -
________________________
Omdat julle aan die boodskap
van my volharding in lyding vasgehou het,
sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing
wat oor die hele wêreld gaan kom
om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
- Openbaring 3:10 -
________________________
O Heer! U lewe is ons weg;
deur heilige berusting gaan ons na U,
om aan die einde van ons lewenspad
te ontvang: die kroon van heerlikheid.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css