Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Die woord van God is nie net 'n oorveeg nie,
maar 'n hamer.
Wie geen blou kolle daarvan oorhou nie,
is nog nie daardeur geraak nie.
- Helmut Thielicke (1908 – 1986) -
 

________________________


Want U was ‘n vesting vir die arme,
‘n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was;
‘n skuilplek teen die stortreën,
‘n skaduwee teen die hitte -
want die geblaas van die tiranne
is soos ‘n stortreën teen ‘n muur.
 - Jesaja 25:4 -

 

________________________


Julle behoort aan God, liewe kinders,
en het die vals profete klaar oorwin
omdat Hy wat in julle is,
groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.
-  1 Johannes 4:4 -

 

________________________


Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne
diep wegsteek vir die Here,
hulle wat besig is om dinge in die donker te doen
en dink: wie sien ons? Wie weet van ons?
- Jesaja 29:15 -

 

________________________


Wat in 1 Korintiërs 13 gesê word is heel eenvoudig
dat 'n lewe sin en waarde het in soverre
daar liefde in hom is, en dat sonder liefde
'n lewe niks, glad niks is nie
en geen sin of waarde het nie.
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) -

 

________________________


Ek glo dat God ons in elke nood
soveel krag skenk as wat ons nodig het.
Maar Hy gee dit nie vooraf nie,
sodat ons nie op onsself nie,
maar op Hom sal vertrou.
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) -
 

________________________


Want ons is vreemdelinge en bywoners
voor u aangesig soos al ons vaders;
ons dae op die aarde is soos ‘n skaduwee,
en daar is geen verwagting nie.
- 1 Kronieke 29:15 (53-vertaling) -

 

________________________


Ons het genadegawes wat van mekaar verskil
volgens die genade wat God
aan elkeen van ons gegee het.
- Romeine 12: 6 -

 

________________________


Hy is die hoof van sy liggaam,
die kerk.
Hy is die oorsprong,
die Eersgeborene uit die dood
sodat Hy in alles die eerste plek
kan inneem.
- Kolossense 1:18 (direkte vertaling) -

 

________________________


Ek en jy moet oorgemaak word.
Is dit vernederend? Nee,
daar is niks van ons ou natuur
wat werd is om te behou nie.
- Murray Janson (1928-2002) -

 

________________________


Wanneer die Heilige Gees
in 'n siel uitgestort word,
verander dit ook die uiterlike mens.
- Angela van Foligno (1248 – 1309) -
 

________________________


Julle, geliefdes, moet egter voortgaan
om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof.
Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.
Bly in die liefde van God.
Vestig steeds julle verwagting
op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus
wat die ewige lewe aan julle sal gee.
- Judas 1:20-21 -

 

________________________


Al is ons uiterlik besig om te vergaan,
innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.
Ons swaarkry in hierdie lewe
is maar gering en gaan verby,
maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid
wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
- 2 Korintiërs 4:16-17 -

 

________________________


Julle weet hoe om die voorkoms
van die aarde en die lug te beoordeel.
Hoe is dit dan dat julle nie weet
hoe om hierdie tyd te beoordeel nie?
- Lukas 12:56 -
 

________________________


Party beroem hulle op strydwaens,
ander weer op perde,
maar ons, ons beroem ons op die
Naam van die HERE ons God.
- Psalm 20:8 -

 

________________________


Die swaard en die lelie
pas om die een of ander rede nie bymekaar nie.
- Brigitte Fuchs -

 

________________________


Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles julle begeertes
deur gebed en smeking
en met danksegging aan God bekend.
En die vrede van God
wat alle verstand te bowe gaan,
sal oor julle harte en gedagtes
die wag hou in Christus Jesus.
- Filippense 4:7 -

 

________________________


Wanneer die genade van God die mens se hart binnedring,
word dit sterk genoeg om alles die hoof te bied.
- Thomas Aquinas (1225 – 1274) -
 

________________________


Enigeen wat 'n kind van God is,
kan die sondige wêreld oorwin.
En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het,
is deur ons geloof.
Wie anders is dit wat die wêreld oorwin
as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
- 1 Johannes 5:4-5 -

 

________________________


Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly.
As hy die toets deurstaan het,
sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang
wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
- Jakobus 1:12 -

 

________________________


Ek het die goeie wedloop afgelê;
ek het die wenstreep bereik;
ek het gelowig end-uit volgehou.
Nou wag die oorwinnaarskroon vir my,
die lewe by God.
Op die dag dat Hy weer kom,
sal die Here, die regverdige Regter,
dit vir my gee, en nie net vir my nie,
maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.
- 2 Timotheus 4:7-8 -
 

________________________


Met Christus is my lewe
verborge by my God.
Ydel wêreld's strewe!
Nietig aard's genot!
'k Hou oog en hart verhewe,
waarheen my sugte swewe,
na Christus, na my lewe
verborge by my God.

My liefde en my lewe,
my wense en genot,
my stryde en my strewe,
my lyde en my lot -
'k Het alles Hom gegewe!
Nou word ek voortgedrewe,
verlangend na my lewe
in Christus, by my God!
- Abraham des Amorie van der Hoeven Jr (1821-1848) -

 

________________________


Terar dum prosim:
Laat ek verteer word,
solank ek maar net nuttig is
- Johannes Calvyn (1509-1564) -

 

________________________


Deur onweer en storms,
deur moeite en verdriet,
deur angs en ellende,
deur die verskrikking van die dood
en die kilheid van die graf,
lei God die menslike geslag
deur stadiums van
vorming en beproewing,
reiniging en veredeling,
om te eindig
in die tempel van onsterflikheid.
- Friedrich Christian Schlenkert (1757 – 1826) -
 

________________________


Ek weet dat ek Iemand naby my het
op wie ek met my hele hart kan vertrou,
en dít gee vir my rus en krag
- Edith Stein (1891 – 1942; in Auschwitz omgekom) -
 

________________________


Toe ek na U geroep het,
het U my gebed verhoor
en my nuwe krag gegee.
- Psalm 138:3 -

 

________________________


Ons moenie vasklou aan ons werk,
beroep, waardigheid of woonplek nie.
Wat belangrik is,
is dat ons almal daarna sal streef
om die wil van God ten uitvoer te bring.
- Maximilian Kolbe (1894 – 1941) -
(Hy sterf in 1941 in Auschwitz vir sy geloofsoortuigings)
 

________________________


Selfs al het jy ver geval,
is God se hand nog steeds onder jou.
- Pavil Kosorin -

 

________________________


'n Mens kan nie God se hand neem
as jou vuiste gebal is nie.
- Klaus Klages -

 

________________________


Hou julle lewe vry van geldgierigheid;
wees tevrede met wat julle het.
God self het gesê:
“Ek sal jou nooit verlaat nie,
jou nooit in die steek laat nie.”
- Hebreërs 13:5 -

 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css