Die mens kyk na jou dade,
maar God kyk na jou gesindhede
- Thomas A Kempis –
|
________________________
|
Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom
‘n loflied sing.
Hy is my helper en my God!
- Psalm 42:12 NAV-
|
________________________
|
'n Mens beplan sy pad,
maar die Here bepaal hoe hy loop.
- Spreuke 16:9 NAV -
|
________________________
|
Liefde en trou bring versoening
waar daar verkeerd gehandel is;
kwaad word vermy
deur die Here te dien.
- Spreuke 16:6 -
|
________________________
|
Want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:5 –
|
________________________
|
Dit gaan goed met die mens
wat sy vertroue in die Here stel,
die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is.
- Jeremia 17:7 –
|
________________________
|
Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat,
selfs manne in hulle fleur struikel en val,
maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle loop en raak nie afgemat nie.
- Jesaja 40: 29-31 -
|
________________________
|
Om te lees sonder om daaroor na te dink
is soos om iets te eet sonder om dit te verteer.
- Edmund Burke (1729 - 1797) –
|
________________________
|
Gebruik elke geleentheid
om die vlam van offervaardigheid
in jou kind te laat ontbrand,
waarsonder niemand
'n volkome mens kan wees nie,
wat ookal die posisie is
wat hy in die wêreld sal beklee.
- Jean Baptiste Henri Lacordaire, (1802 - 1861) –
|
________________________
|
Hy wat sy ore uitleen aan ander mense
en almal wil tevrede stel
sal nooit innerlike vrede vind nie.
- Leo Tolstoi –
|
________________________
|
Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit,
Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie.
Ek gee die eer wat My toekom,
aan niemand anders nie.
- Jesaja 48:11 NAV –
|
________________________
|
Die weg van genade
is met offerstene uitgelê.
Henrik Ibsen (1828 - 1906), Noorweegse dramaturg
|
________________________
|
As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks,
bedrieg hy homself.
- Galasiërs 6:3 -
|
________________________
|
Elke stap van my was vas op die koers
wat U aangewys het.
My voete het nie daarvan afgewyk nie.
- Psalm 9:16 –
|
________________________
|
Die waarheid het buiten homself
geen ander beskerming nodig nie.
- Arnold Ruge (1802 - 1880) -
|
________________________
|
Uit dít wat jy oes,
kan jy sien wat jy gesaai het!
-Nederlandse spreekwoord -
|
________________________
|
As jy vir iemand 'n lamp aansteek
dan verhelder dit ook jou eie weg.
- Mongoolse spreukwoord -
|
________________________
|
Wie al sy eie begeertes najaag,
sal nooit tevredenheid ervaar nie.
- Anselm Grün -
|
________________________
|
Lewenservaring volg nie
uit wat met jou gebeur nie,
maar dit wat jy leer
uit wat met jou gebeur.
- Aldous Huxley (1894 - 1963) -
|
________________________
|
Is dit nie eienaardig nie
dat mense so graag vir hulle geloof veg
maar so min volgens sy voorskrifte leef.
- Georg Christoph Lichtenberg (1742 – 24 February 1799) –
|
________________________
|
In Hom is die volle wese van God beliggaam,
en in verbondenheid met Hom
deel julle in sy volheid.
-- Kolossense 2:9-10 NAV -
|
________________________
|
Om met Jesus Christus te leef
is om in aanraking te bly met
“die sin van die lewe”.
|
________________________
|
Alles het Hy mooi gemaak op Sy tyd;
ook het Hy die ewigheid in hul hart gelê;
net dat die mens nie die werk wat God doen
kan begryp nie,
nóg die begin, nóg die einde.
- Prediker 3:11 (alternatiewe vertaling) -
|
________________________
|
Dit is verbasend hoeveel jy kan bereik
as jy nie omgee
wie die eer gaan ontvang nie.
- Harry S Truman (1884 – 1972) -
|
________________________
|
Vra nie, wie dit of dat gesê het nie,
maar aan wát gesê word,
moet jy aandag gee.
Mense gaan verby,
maar die waarheid van die Here
sal in ewigheid bly.
- Thomas A Kempis : Die Navolging van Christus -
|
________________________
|
Ek glo in God soos 'n blinde in die son,
nie omdat hy dit sien nie,
maar omdat hy dit voel.
- Phil Bosmans (01/07/1922 - 18/01/2012) -
|
________________________
|
Dit is in alle omstandighede
beter om te hoop as om jou
in wanhoop oor te gee.
Watter mens kan immers bepaal
wat moontlik is en wat nie?
- Johann Wolfgang von Goethe –
|
________________________
|
Toe ek gedink het my voete gly,
het u troue liefde my regop gehou, Here.
- (Psalm 94:18) -
|
________________________
|
Ek het al baie dinge in my hande gehou
en ek het alles verloor.
Maar alles wat ek in God se hande geplaas het,
dié het ek nou nog.
- Martin Luther (1483 - 1546)
|
________________________
|
As ons God vind, vind ons vryheid.
As ons God verloor, verloor ons ons vryheid.
- Paul E. Scherer (1892 - 1969) -
|
________________________
|