Die Weg

 

Getrouheid as vrug van die Gees

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” - Galasiërs 5:22.

Ons doen en late het altyd betrekking op die nou – hierdie oomblik waarin ek lewe en 'n taak het wat voor my lê. En dan gaan dit eerstens nie om my vermoë om dit te doen nie, maar om my houding teenoor dít wat aan my opgedra is. Is ek bereid om dit wat aan my opgedra is so goed ek kan te doen: noukeurig, sorgvuldig, pligsgetrou?

Om aan God getrou te wees beteken om in verantwoordelikheid voor Hom op te tree. Hy het vir my my gawes en my wil gegee. Getrouheid is om die die regte balans te handhaaf tussen slaplê en ooreising. Getrouheid beteken om 'n opdrag aan te neem en dit na die beste van my vermoë ten uitvoer te bring. Dit is ook die gesindheid van toewyding, waardigheid en waardering wat daarin lê dat ek myself nie te vernaam sal ag om ook die klein dingetjies te wil doen nie.

Ons moet dit wat nou voor hande is met toewyding doen en dit sien as iets wat waardevol en sinvol is, en nie daarna kyk of dit vir my iets sal inbring, of vir my in 'n goeie lig by mense sal stel nie. Dit is die getrouheid wat ek aan God en myself verskuldig is.

Dr Gerold Lehner in Neukirchener Kalender 2021 (aangepas).
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css