Die Weg

 

Gebed om te vergewe

Leer ons vergewe Heer
sewentig maal sewe keer.
U het ons vergewe – ja
al ons skuld vir ons gedra.
Aan die kruis het U ons vergewe,
uit die dood verlos, laat herlewe;
met 'n liefde diep en ryk
teer op ons sondaars neergekyk.
Vader vergeef hul wat hul doen --
so is ons met U versoen;
vir my het U betaal
vir my wat faal en faal.
Ek bid vir liefde in die lewe
om mekaar só te vergewe.
Ons kniel vol eerbied voor U neer
om elke dag weer te probeer.
      Amen           Amen.

Nannie du Plessis (eggenote van wyle ds Pieter du Plessis)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css