Die Weg

 

Straf en genade

En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp. En hierdie hele land sal ‘n puinhoop, ‘n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.” - Jeremia 25:10-11 (53-vertaling).

In ons jong dae het ons ouers en onderwysers vir ons gesê: “As jy nie wil hoor nie, moet jy voel!” Is dit nie dieselfde wat Jeremia aan die volk sê nie? Die volk moes immers nou die gevolge van hulle goddelose optrede ervaar, nadat God hulle 23 jaar lank vermaan het om tot bekering te kom.

Ja, kondig die profeet aan, nie net sal die feesvieringe tot 'n einde kom nie, maar ook die alledaagse lewe sal nooit meer dieselfde wees nie. Niemand sal meer wakker word van die bekende geruis van die meul wat die meel vir die daaglikse brood maal nie. Niemand sal meer saans by die lig van die lamp sit om die duisternis te verdryf nie. Geen liedere, geen hoop nie. Alles, ook dít wat so bekend was en as vanselfsprekend aanvaar is, sal tot 'n einde kom!

Maar ook hierin verberg God reeds sy genade. Want ook die onderdrukking en die nood sal tot 'n einde kom (Jer 25:12-13). Laat ons God se genade in die oggend en sy waarheid in die aand verkondig.(Ps 92:2).

Uit: Neukirchener Kalender 2020
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css