Die Weg

 

Terwyl alles vergaan bly liefde vir ewig

Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!” - Psalm 90:2.

Ons mense hou daarvan om altyd weer met iets nuuts vorendag te kom, om iets nuuts te skep of te ontdek. En dan is ons uitermate trots daarop as ons skeppings iewers gepubliseer kan word. Ons verheug ons daarin as dit verder ook nog ons lewenskwaliteit kan verbeter. Maar daar is ook ander veranderings in ons lewens waaroor ons liewer nie wil praat nie. Dit is dat alles maar net tydgebonde is en dat ons almal ouer word en tog eendag moet sterf.

Maar Moses sien dit anders in hierdie gebed van hom. Hy stel die menslike verganklikheid teenoor die grootheid en onveranderlikheid van God. God staan buite die verloop van die tyd en Hy is bestendig in sy verhouding met sy skepping. Die feit dat ons mense met al ons eie skeppings tot niet gaan, is net so deel van God se skepping soos die plante van die veld.

Tog is daar iets in ons lewe wat ewig bly bestaan. En dit is die werk wat in liefde gedoen is. “Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.” (1 Kor 13:8). Laat ons dan soos Moses hier bid: “Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.” (Ps 90:14) en vir die werk wat uit liefde gedoen is: “Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.” (Ps 90:17).

-dw -

(Met erkenning aan Neukirchener Kalender 2020)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css