Die Weg

 

Bron van diepe vrede vir die toekoms

Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.” - Filippense 1:6.

Die vrede wat ons van die Here ontvang, kom van die versekering dat ons hele toekoms reeds vir ons vasgelê is. Dit is deur die goedheid van God dat ons die waarborg daarvoor ontvang het.

Deur Christus is ons kinders van God, en daarom is ons verseker van die liefde van die onveranderlike God wat sy verbond met ons ewig in stand sal hou. Die gelowige voel homself gekoester omdat hy homself kan oorlaat in die hande van God se ewige en onveranderlike liefde. Hoe gelukkig ek vandag ook al mag voel, as ek twyfel oor die dag van môre, is daar tog iets wat vreet aan die wortel van die vrede wat ek tans ondervind. Al kan ek dalk met blydskap terugkyk op 'n vreugde- en vredevolle verlede, maar ek gaan die toekoms met vrees tegemoet, dan neem dit die vreugde uit my daaglikse bestaan, en dan bly die werklike innerlike vrede buite my bereik.

Maar omdat ek weet dat Hy in wie ek by lewe gestel het, die krag het om uit genade te voltooi dít wat Hy in my en vir my begin het; as ek sien dat die werk van Christus geen halwe verlossing is nie, maar 'n volkome en ewige verlossing; as ek sien dat die beloftes op 'n vaste fondament in Christus Jesus gevestig en met 'n eed bekragtig en met bloed verseël is, dan is daar volkome tevredenheid in my siel - ook wat die toekoms aanbetref.

Charles H Spurgeon
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css