Die Weg

 

As jy Jesus na wil volg

As jy Jesus na wil volg,
- loop waar Hy sy voetspoor laat -
moet jy wel heel goed besef,
dat die wêreld op jou let.
Want wanneer jy dalk sou dwaal,
en terugval in die kwaad,
word nie net jou eie aansien,
maar ook Christus' naam geskaad.

As jy Jesus na wil volg
en jou toevlug soek by'd kruis,
word daar steeds na jou gekyk,
leef jy in 'n glasmuurhuis.
Alles word jou toegereken,
ook al is dit dalk maar klein;
selfs in heel gewone dinge,
moet jou voorbeeld oral skyn.

As jy Jesus na wil volg,
word dit hier geen paradys.
Hy sal altyd by jou bly,
maar beloof geen kalme reis.
Vegtend, biddend moet jy stry,
tot die allerlaaste dag,
tot die oomblik dat jy die kruisvlag
aan Hom oorgee - deur sy  krag.

Van 'n tradisionele Nederlandse lied
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css