Die Weg

 

Wegsteek kan jy dit nie

Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here, hulle wat besig is om dinge in die donker te doen en dink: wie sien ons? Wie weet van ons?” - Jesaja 29:25.

Dit is erg menslik om planne te maak en God se seën daarop te vra. Maar as ons diep binne in ons weet dat daar dinge is wat teen God se heilige wil ingaan, kan ons tog nie God se seën daarop verwag nie. Vir mense kan ons dalk mislei, maar vir God nooit, al probeer ons om dit onder edel klinkende woorde weg te steek! Dit sal vir ons groot skade en skandes meebring as ons so dwaas wil wees om dit wel te doen.

Wanneer ons God (en onsself) probeer mislei, ontstaan daar geestelike spanning en stryd binne ons, en dít vernietig ons gemeenskap met God. Die tragedie van die saak is dat alhoewel jy die uiterlike skyn van godsdiens dalk het, jy jou innerlike krag verloor. Dit is soos Paulus ook sê in 2 Timoteus 3 vers 5: “Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie.” Dit is soos 'n groot en pragtige boom wat deur termiete aangeval word. Dit lyk groot en sterk, maar as 'n storm daaroor gaan, stort dit ineen.

Dit is onmoontlik om ons sondes vir God te verberg, selfs al probeer ons om regverdiging vir ons sondige optredes te soek. In antwoord op God se gebod is daar geen “ja, maar...” nie. Enige poging om dit te doen lei tot morele en geestelike ineenstorting in tye van spanning en nood. Daarom. ter wille van ons geestelike gesondheid, is dit noodsaaklik dat ons niks vir ons Hemelse Vader probeer wegsteek nie. As ons wel in die versoeking kom om dit te doen, moet ons onthou dat sy weg met ons altyd die beste is.

Uit: Through the year with faith, deur Arnold J Walker (aangepas)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css