Die Weg

 

Het jy gegroei my kind?

In vader's werksplek teen die muur,
met stille aandag het ek dikwels daarna staan en tuur.
Daar, op al hoër vlakke uit vader's hand,
was talle lyne en name; vir 'n vreemde sonder enige verband.

Wanneer ons as kinders daar sou skuiling hou,
het ons die tekens selfs noukeuriger beskou.
Hier kon jy naamlik sien hoe in 'n jaar,
ied're kind gegroei het – só ondenkbaar.

Hier het ons onsself gemeet – niemand wat ons kon belet,
net soos ons vader dit sien doen het.
Vol vreugde blydskap wat uit ons binnest' vloei,
het moeder dan gehoor: “kyk hoeveel het ons gegroei!”.

Maar eens, as ek vol vreugde aan moeder kon vertel
meer kan ek nie groei, dit lei geen twyfel,
glimlag sy eienaardig; “vertel my nou vinnig:
aan jou innerlike mens, het jy gegroei my kind?

Dog, ouer word ons almal van dag tot dag,
ons lewe vlieg verby - die boodskap van die klok se slag.
Tyd wat benut moet word; genadetyd.
Aardse tyd is kort, lank die ewigheid.

Ook jy is ingeplant in die Vader's ryk,
daar moet jy vrugte dra vir die sal'ge hemelryk.
En elke aand rig die Heiland, ernstig gesind,
aan jou die vraag: “Het jy gegroei, my kind?

Aandagtig het ek moeder's woorde afgemeet,
wat sy my geleer het, nie te vergeet.
Het sy dalk baie woorde in die wind gesê,
één ding sal'k nooit vergeet: “Het jy gegroei, my kind?

Groot het ek geword, die wye wêreld ingetrek,
en eers na jare weer die ouerhuis betrek.
En saans, as ander lank reeds rus kon vind,
vra moeder rustig: “Het jy gegroei, my kind?

Onder in jou hart, hoe goed is daardie aarde?
Die saad wat eens gesaai is, sê my, het dit enige waarde?
Lewer dit vrugbare are, of verwaai dit soos kaf in die wind?
In jou geloofslewe, het jy gegroei, my kind?”

U heilige nalatenskap, liewe moederhart,
sal my altyd vergesel, in vreugde en in smart!
En is ek traag of lui, dwing dit my om te dink
aan die ernstige vraag van moeder: “Het jy gegroei, my kind?"

Tog, steeds arm en swak, vlug ek tot U o Heer:
laat my voortdurend groei en my moeder se woorde eer!
Laat ek innerlik sterker word, om te alle kere
goeie vrug te dra, U Naam ter ere!

En wanneer ek, o Heer, my moeder by U weer vind,
dan kan sy getuig: "Jy het gegroei, my kind!"

(Uit Duits vertaal – outeur onbekend)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css