Die Weg

 

Om in hierdie familie opgeneem te wees

“Daarom moet niemand op mense roem nie. Alles behoort aan julle: of dit Paulus of Apollos of Sefas of die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms is, alles behoort aan julle, maar julle behoort aan Christus en Christus aan God.” - 1 Korintiërs 3:21-23.

Wanneer jy aan 'n bepaalde groep in die Kerk behoort moet dit nie daartoe lei dat jy ander mense vermy of uitsluit nie. In 1 Korintiërs 1:10 sê Paulus: “Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging.” As ek net aan myself behoort is ek uitgelewer aan my eie wense, my eie behoeftes en my eie neurose en fobies. As ek aan 'n groep behoort, sal ek aan hul verwagtinge probeer voldoen. Maar Paulus sê: "Ons behoort aan Christus - en in hom is ons regtig vry!"

Nou kan jy vra: is daar iets waarop ek aanspraak kan maak as ek aan Christus behoort?Ja, die blootstelling aan die hoogste liefde en vryheid. As God vir ons sê: “Jy is myne”, dan hoor ons ook: “Ek het jou lief. Jy is vir my kosbaar! Ek pas jou op. Jy hoef nooit meer bang te wees nie.” As kind van God is daar geen stewiger familieverwantskap as om aan Christus te behoort nie. En daarom vind ons in ons lewens geen groter selfverwesenliking en vryheid nie as om deel te wees van die familie van God, aan wie alles behoort.

“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!" (Rom. 8: 14-15; 53-vertaling).

Uit: Neukirchener Kalender 2020

 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css