Die Weg

 

Geen mens hou stand nie – hoe vernaam ook al (3)

(Lees saam met die voriges)

En ná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ‘n ander ......” - Daniël 2:39 (53-vertaling).

Na u 'n ander. En na die ander weer 'n ander. En dan weer 'n ander. Sou bou hulle saam aan die beeld. Nebukadnesar is beslis nie die enigste wat aan die beeld van die menslike mag en glorie bou nie. Dit is 'n proses wat oor 'n lang tyd geskied. Daarom, al is dit belangrik dat ons ons met die mens Nebukadnesar bemoei, is dit nog belangriker dat ons ons met die Nebukadnesar-mens besig hou.

Daar is baie van dié soort. Sommiges se name is opgeskryf in die lys van die magtigste en invloedrykste mense; ander se name is opgeteken in die annale van die wetenskap en kuns, van handel en nywerheid, en ja selfs ook in die kerkgeskiedenis. Maar  agter hierdie topfigure is daar 'n skare van onbekendes wat nie getel kan word nie. Manne en vrouens wat klein Nebukadnesartjies genoem kan word.

Agter hierdie beeld waarvan die oeroue Nebukadnesar die goue hoof is, sit samelewings van mense wat hulle uit God se verbond losgebreek het. Almal groot en klein kragmense: eiegeregtige, selfversekerde en selfgemaakte suksesmense wat op hul eie krag en vindingrykheid vertrou. Bouers aan hul eie deel van die beeld deur eie krag, na eie insig en tot eie verheerliking.

Hulle eien vir hul elk 'n stukkie van die groot Mens-beeld toe. Nebukadnesar het gesorg vir die goue hoof. Ander sorg vir die arms en die bene. Sommige moet met die tone en naels tevrede wees. Almal is deel van die voltooiing van die beeld van menslike heerlikheid. Ons vind alle tipe materiaal daarin: politieke mag, rykdom, wetenskap, kuns, maar ook liggaamlike skoonheid en familietrots...... Dit is 'n beeld van dwase menslike beskouings.

Maar Gód is nie in die beeld nie. Net die groot en klein Nebukadnesars...........

(word vervolg)

Uit: De Stem achter U, deur ds Gabe van Duinen.
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css