Die Weg

 

Omdraai of Jesus Christus volg

Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” - Johannes 6:67.

Wat 'n indringende vraag! Dikwels tref die woorde van ons Here die meeste wanneer Hy op die eenvoudigste manier praat. Ten spyte van die feit dat ons weet wie Jesus is, vra Hy: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Om Jesus te volg is nie altyd maklik nie. Daar is altyd die moontlikheid van persoonlike opoffering.

“Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie” (Joh 6:66). Hulle het hul rug op Hom gekeer.

Daar is een ding wat die Here voortdurend van ons vereis, en dit is om één te wees met Jesus Christus. Wanneer die Here jou roep om Hom te volg, is ál wat nodig is, om van jou kant af 'n natuurlike lewe in absolute afhanklikheid van Jesus Christus te leef. Dan leef jy volgens sy wil. En dit beteken algehele toewyding aan Hom. En die groot geheim is dan om jou nie te bekommer oor die onsekerhede wat vorentoe op jou kan wag nie.

Petrus het vir Jesus gesien as iemand wat vir hom en die wêreld volkome redding sou bring: “Simon Petrus het Hom geantwoord: 'Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe'” (Joh 6:68). En ons Here wil hê dat ons dieselfde gesindheid sal hê.

Elkeen van ons moet daarom die vraag vir onsself beantwoord: “Wil jy nie ook weggaan nie?

Oswald Chambers: My Utmost for His Highest (aangepas)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css