Die Weg

 

My toekoms in u hande

Here van alle goedheid,
my liggaam en gees is in u hande.
My lewe kan ek nie beplan nie,
nie bou nie en nie voorspel nie.
Maar ek dank U,
dat ek U leiding kan ervaar.

Ek staan verstom oor u plan
waarvolgens my lewe loop.
Oor die wendings wat my lewe neem,
en die rigting waarin U my voer.

U gryp in, en baie keer moet ek erken
dat dit so moes gebeur.
U maak my eie planne tot niet,
en aan die einde ontdek ek: dit was goed so.

Ek weet, o Here,
dat U die leed op my pad nie keer nie,
maar U lei my daardeur.
En as ek deur die donker dal wandel
en u hand nie vind nie,
is daar by my geen vrees nie,
want U is met my.

Ek vertrou U
selfs wanneer ek niks begryp nie.
Ek verlaat my op U.
Laat dit met my gaan volgens U wil.

Ek lê myself in u hande en dank U
omdat ek al hoe meer leer:
dat ek net dit kan begeer,
en net dít is my grootste wens:
dat U wil met en deur my sal geskied.

(Met erkenning aan Pfarre Traunkirchen en Jörg Zink)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css