Die Weg

 

My skuld

Ek het U agtervolg met my "waarom".
En 'k was verbitterd. Wat help dit om geloof te hê?
Ek het gebid, maar met my mond; my hart was stom,
dit was asof U my gebed daar vér laat eenkant lê.

Wat het ek aan 'n Vader wat Sy kind
ontneem wat vreemdes wel mag hê?
Wat het ek aan Sy woord: “wie soek sal vind”,
terwyl Hy my my allerliefst' besit ontsê?

O God, ek het so baie al by U gekla
so min het 'k U gedank, so selde was ek bly.
En byna nooit het ek my afgevra
of U o Heer iets terugontvang van my.........

Nel Benschop
Vertaal deur Winy du Preez ©

 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css