Die Weg

 

Genade!

Genade ....... wat 'n wonderlike, diep woord! Nog dieper as die liefde. Selfs al sou liefde van één kant kom, sonder wederliefde is die liefde tog magteloos. Daarsonder kan die liefde nie tot wasdom kom nie en daarsonder kan sy haarself nie gee nie. Maar genade kom altyd van één kant. Dit is die wese van U genade. Genade vra nie, maar gee alles. Genade leef uit homself en geheel vir die ander. Dit is ontsagwekkend om deur U genade begenadig te wees!

Wanneer het dit eintlik in my lewe begin? Ek kan insien dat daar nooit 'n begin was nie. U genade was altyd daar gewees. En ..... U genade was my altyd vóór. Vóór ek daar was, was U genade vir mý reeds daar. Dit het my reeds by my geboorte ingewag. U oë het reeds my “vormlose begin” gesien. Toe my eerste lewensritseling begin het, was ek reeds geborge in u koestering.

Hoe diep – ja ewig diep!- word nou die agtergrond van my geloof en my bekering en my oorgawe en my vrome-mens-wees! Dit kom alles vanweë U genade. Dit is alles gebore uit die wonderlike saad wat u in my hart gesaai het. Dit is die vrug van u werk.

Onder u sorg het my geesteslewe gegroei en gebloei. Uit u liefde is my liefde gebore. My daad van liefde is deur u liefdesdaad gewek.

En nóú leef ék deur U genade.

Ek, die begenadigde, dank U vir U genade.

Uit: Gesprekken met God deur ds Gabe van Duinen.
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css