Die Weg

 

Hoop (1)

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag.” - Titus 2:12 (83-vertaling).

“Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus”- Titus 2:12 (53-vertaling).

Hoop is 'n goddelike deug. Om vorentoe te kyk met jou oog gevestig op die ewige lewe, is nie net 'n vorm van ontvlugting of wensdenkery nie. Dit is een van die dinge  wat 'n Christen behoort te doen.

Dit beteken egter nié om die teenswoordige wêreld net te laat soos dit is nie. As 'n mens terugkyk in die geskiedenis dan vind jy dat dié Christene wat die meeste vir hierdie wêreld gedoen het, juis hulle was wat die meeste aan die ewigheid gedink het. Die apostels self; die groot manne wat die wêreld uit die donker Middeleeue opgehef het; die Engelse evangeliste wat die slawehandel afgeskaf het - hulle het hul spore op die aarde nagelaat, juis omdat hulle hul gees besig gehou het met die hemelse dinge.

Dit is vandat die Christene se aandag weggeneem is van die ewige dinge en hulle hul meer met die aardse dinge begin bemoei het, dat hulle hul krag in die teenswoordige wêreld begin verloor het. Jaag na (rig jou aandag op) wat in die hemel is en die aardse dinge sal aan jou toegevoeg word; jaag na wat op die aardse is en jy sal geeneen van die twee ontvang nie. Hierdie woorde mag dalk vreemd klink, maar 'n mens sien dit in baie dinge. Neem maar net 'n mens se gesondheid. Gesondheid is 'n groot seën, maar die oomblik as jy jou gesondheid bo alles stel, raak jy vol geite en grille en verbeel jy jou dat daar iets verkeerd is met jou. Jy sal veel eerder gesond wees na liggaam en gees as jy meer aandag gee aan jou werk, ontspanning, die buitelug en ondersteuning van mense in nood. Net so sal ons nie die samelewing kan red as die samelewing self ons hoofdoel is nie. Daar moet 'n hoër en meer verhewe doel wees om na te streef. Die res kom dan vanself!

 (word vervolg)

CS Lewis: Mere Christianity
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css