Die Weg

 

Om te kan volhard as tye moeilik word

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” - Jakobus 1:2-3.

Wees opgewonde as slegte dinge met jou gebeur! Wees gelukkig as jy skade ly! Lag as ander mense jou kwaad aandoen! So ongeveer klink die woorde van die teks hierbo in my ore. Maar as 'n mens baie mooi daarna kyk dan is dit nie iets onmoontlik wat Jakobus hier verlang nie, want dit is woorde wat van diepe lewenswysheid spreek. Dit is woorde met ewigheidswaarde!

Iemand wat moeilike tye in die lewe deurgemaak het kan dalk self hiermee saamstem. Die tye waarin 'n mens se geloof die sterkste na vore kom is juis in die tye van beproewing. Wanneer dit lyk of alles wat vir jou dierbaar of waardevol is; alles waarop jy jou hoop gestel het; tot niet gaan, dan leer jy om nader aan God te leef, omdat Hy die enigste is op wie jy jou vertroue kan stel en deur wie jy vertroosting kan vind. Dit versterk jou geloof nog meer sodat jou gees “veredel” word.

Ons mag elke goeie dag van ons lewens ten volle geniet. Maar wanneer ons deur die diep waters gaan, kan ons seker weet dat God bewus is daarvan, dat Hy ons daardeur lei en ons aan ervarings blootstel wat ons geestelik sal laat groei om ons ryp te maak vir die toekoms.

Elena Schulte in Neukirchener Kalender 2015
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css