Die Weg

 

Alles het twee kante

“Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil” – Psalm 62:2 (53-vertaling).

Dié mens wie sy lewenspad saam met God stap, bekyk alles in die lewe vanaf twee kante: die mens se kant en God se kant – net soos Dawid. Dawid sien sy benarde posisie baie duidelik raak. Maar net so duidelik as wat sy eie sorgwekkende omstandighede vir hom is, net so duidelik sien hy ook sy situasie vanuit God se kant. Psalm 62 verwys heel moontlik na die tyd gedurende die opstand van Absalom (sien 2 Samuel 15-18). Dawid sou onttroon word, meer nog, sy raadgewers, vertrouelinge en ook sy seun Absalom was gereed om hom die doodsteek te gee. Dit was vir Dawid 'n erg pynlike en angsvallige situasie.

Maar tegelykertyd sien hy God, wat soos 'n onwankelbare rots by hom staan en vir hom betroubare hulp en beskerming bied. Dawid verkies om meer gewig aan die hemelse werklikheid te gee as die menslik sigbare. Dit laat sy siel stil word in hom, sodat hy die stryd van die lewe moedig kan aanpak. En dit wys vir ons ook die rigting aan om dieselfde weg te volg as Dawid: om die werklikheid van die lewe van twee kante af te bekyk: om die angswekkende raak te sien, maar ook op God te vertrou wat soos 'n rots vir ons hulp en beskutting in alle nood verskaf.

- dw -

(Met erkenning aan Neukirchener Kalender 2013)

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css