Die Weg

 

Die gees van die wêreld teenoor die Gees van God

“Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het”. - 1 Korintiërs 2:12.

Daar is 'n uitdrukking wat lui: “Glo beteken om nie te weet nie”. Maar met aanmerkings soos hierdie probeer baie mense om die Christelike geloof in die grys area van menslike opinies en vae hoop te plaas. Die ateïstiese filosoof,  Friedrich Wilhelm Nietzsche, het dit 'n bietjie verder geneem toe hy gesê het: “glo is om nie te wil weet wat die waarheid is nie”. Maar mense wat so praat het geen benul daarvan dat geloof n vertroue op God en sy Woord, nie vanuit die mens self kom nie. Dit is 'n geskenk van God aan die gelowiges, want dit is uiteindelik alleen God se Gees wat die geloof, en die vertroue in Hom, in ons opwek en dit ook onderhou.

Daarom kan ons, juis omdat ons glo, ook weet wat vir ons die belangrikste en nodigste is vir ons bestaan. Deur die Gees wéét ons wat God aan ons geskenk het: die vergewing van sondes en 'n ewige lewe deur Jesus Christus.

Paulus trek dus 'n baie duidelike streep: daar is dié mense wat die gees van die wêreld besit, sonder kennis van God en sy volkome liefde. Teenoor hulle staan dié mense wat deur God se Gees aangeraak is. Dit is hierdie tweede groep wat wéét dat hulle alleen vanuit God se genade leef.

Laat ons bid dat God deur sy Gees almal tot die ware kennis sal bring.

P Manfred Jülicher, Neukirchen-Vluyn, Duitsland

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css