Die Weg

 

Waarheen met mý raaisels?

(vervolg van die vorige boodskap)

“En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.” - 1 Konings 10:1 OAV.

Ek het nog nooit 'n prys vir raaisels gewen nie, het nog nooit 'n TV-miljoenêr geword nie, en niemand bewonder my oor my diep insigte nie. Is ek daarom 'n arm mens?

Ek ken nie die antwoorde op al die lewensvrae nie, maar ek ken Iemand vir wie ek sonder skuheid kan gaan vra. Ek kan nie al die raaisels van hierdie wêreld oplos nie, maar ek ken Iemand wat aan my raad wil gee in sy Woord. Ek is nie besonders slim nie, maar daar is Iemand wat vir my die pad wil wys omdat Hy verder kan sien as ek, en weet wat die samehang, die doel en die sin in alles is. Ek kan met my raaisels na Hom toe gaan want Hy het die toets deurstaan toe Hy sy lewe vir my gegee het.

Daarom kan ek met my raaisels na Hom toe gaan en bid: Here, U weet dit, U weet hoe swak ek is en dat ek selfs nie eens my vrae, my klagtes en leed reg kan uitspreek nie. Maar voordat ek iets wil sê weet U reeds wat dit is. Help my om te vertrou dat U alles én vir my in u hande vashou. U ken die weg vir my, wys U vir my die volgende tree.

Nee, ek is nie 'n miljoenêr of 'n raaiselkoning nie, maar ek het al die rykdom van die liefde van God gevind. En dit is baie meer.

Inge Rethemeier, Herscheid, Duitsland
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css