Die Weg

 

Lewe onder die aangesig van God

Die HERE sal jou seën en jou behoed;
die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
(Priesterlike seën: Numeri 6:24-26)

Gebed

Vader in die hemel,
ek glo dat U naby is aan my.
U ken my en U praat met my.
Ek glo dat U u aangesig
na my gewend het.

Ek moet my tot U wend
wanneer ek myself wil vind.
Want ek is wat ek in u oë is.
Ekself ken nie die geheime diep in my
voordat U dit nie openbaar
in die lig van u aangesig.

Alles weerspieël in U.
Wat in hierdie wêreld waar is, is waar
omdat U die Waarheid is.
Wat in hierdie wêreld lewe het, leef
omdat U die Lewe is.
Wat in hierdie wêreld mooi is, is mooi
deur U wat ewige Skoonheid is.
As ek vrede het, dan juis
omdat U my uitverkies het.

En wanneer alles leeg en donker is,
wanneer ek my eie lot nie verstaan nie,
dan glo ek steeds dat u aangesig
op my gerig is midde in die donkerheid.
Help my om U lief te hê,
want altyd is U naby my.

Laat u aangesig oor my skyn
en laat u lig terugstraal van my aangesig.

Jörg Zink: Wie wir beten können

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css