Die Weg

 

Om die nabyheid van God te ervaar

Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid”  - Psalm 145:18 OAV.

In elke mens se lewe kom daar oomblikke, ure of selfs dae waarin ons vér verwyder voel van God; wanneer ons daaglikse verpligtinge sy tol begin eis, en ons eie nood óf die nood van ander ons aan God se sorg wil laat twyfel. Maar dit hoef nie so te wees of so te bly nie. Die loflied van Dawid in Psalm 145 herinner ons aan die grootse belofte van God: God laat Hom weer vind. Ons opregte gebed bring ons weer terug in sy onmiddellike nabyheid. 

Wat het mense nie al gedoen om die nabyheid van God te probeer ervaar nie! As monnik het Martin Luther homself gekasty, andere het die eensaamheid van die woestyn opgesoek, en nog ander het hulle in oormatige goeie dade gestort om nader aan God te probeer kom. Maar hierdie woorde uit die Psalm leer ons dat ons niks méér nodig het as 'n eenvoudige, maar opregte gebed om die nabyheid van God te ervaar nie.

As ons die nood van ons lewe in gebed na God bring word alle laste nie noodwendig onmiddellik van ons weggeneem nie, maar in God se nabyheid word ons nood en laste so verander dat ons dit kan dra sonder om ten gronde te gaan.

Mattias Dressler, Adorf, Duitsland.
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css