Die Weg

 

`n Wonderlike versekering

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” - Jesaja 41:10.

Wanneer God jou roep om te dien óf as jy deur diep lyding moet gaan, dan skrik 'n mens en sê: “ek kan dit nie doen nie” óf “ek sal dit nie kan deurstaan nie”. Maar laat ons nie kleinmoedig word nie, want ons het God se woord as waarborg. Dit is dié versekering waarop ons kan terugval. God is almagtig en Hy skenk Sy krag aan ons, as ons maar net glo en naby aan Hom leef. Hy belowe dat Hy dit sal doen, en Sy beloftes hou stand van ewigheid tot ewigheid. In tyd van nood en beproewing sal Hy ons siele versterk en die nodige krag gee om daardeur te kom. Hyself sal ons krag wees. Hoeveel krag het 'n mens wat glo? Wanneer jy krag van God ontvang kan jou eie menslike swakheid nie meer in jou pad kom staan nie.

Vra aan die gelowiges wat al die pad met God geloop het. Het ons die tye vergeet toe ons onder uiterste druk en beproewing staande gebly het? Die tye toe ons verbaas gestaan het oor ons eie moed en geeskrag? Ons het kalmte ontvang toe gevaar gedreig het; in verlies en beproewing het ons berusting gekry. Die feit is dat God ons die krag gegee het toe ongewone omstandighede en beproewings oor ons gekom het. Ons kon ons eie swakheid oorwin.

Spreek die Woord ook nie daarvan nie? Twyfelaars het dapper dade verrig, nederiges het wysheid ontvang, en eenvoudige mense het deur die Gees kragtige woorde gespreek. Wanneer my eie swakheid my laat ineenkrimp, skenk God se belofte vir my nuwe krag.

Gebed: Here, versterk my volgens U woord. Amen.

CH Spurgeon

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css