Die Weg

 

Pasop na wie jy luister!

“Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig” - Spreuke 16:20 OAV.

Alle mense benodig somtyds goeie raad van buite. Hulle wat net op hulle eie insig en gevoelens staatmaak, stamp een of ander tyd hul kop teen 'n muur.

Daar is so baie wysheid in die wêreld te vinde, ons moet maar net ons oë en ore daarvoor oophou. Ons kan baie leer uit die ervarings van ander mense, veral hulle wat al 'n lang pad deur die lewe geloop het. Dan is daar ook mense wat met besondere wysheid toebedeel is, na wie jy gerus maar kan luister. Gelukkig is hulle wat kan luister wanneer werklike wysheid oor hulle pad kom.

Maar hoe onderskei 'n mens wysheid van kletspraatjies, van leuens, van wanvoorstellings en bedrieglikhede wat mense aan ons as wysheid wil verkondig? Hoe weet ons of hierdie woorde nie tot ons ondergang sal lei nie? En natuurlik sal daar altyd mense wees wat vir ons raad wil gee met hulle eie bybedoelings.

Wanneer die woorde van mense met die woorde van God ooreenstem, is dit goed vir ons. Ons moet baie goed daarop let en versigtig wees van wie ons raad aanvaar. Wil hulle hul eie idees aan ons opdring, of hou hulle hul oor self by die Woord van God?

Prof Manfred Siebald (Neukirchener Kalender 2011)

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css