Die Weg

 

Dawid se laaste advies

Hy wat regverdig oor mense heers, wat regeer in eerbied teenoor God, is soos die môrelig as die son opkom op ‘n oggend sonder wolke; dit skitter na die reën; die gras skiet op uit die grond" - 2 Samuel 23:3-4 NAV.

Dawid se afskeidswoorde voordat hy sterf, is in die vorm van ‘n lied. Hierdie laaste woorde van hom getuig van groot lewenswysheid. Hy bring daardeur dank aan God vir sy lewensvreugde en suksesse. Hy het verder ook ‘n boodskap aan sy navolger wat sy troon sou bestyg:  “Hy wat regverdig en suksesvol wil regeer, moet in eerbied teenoor God  leef”. Wie dit doen, besef en bely:  Ek is nie net aan myself, of aan ander mense verantwoordelik vir my dade nie, maar ek is ook verantwoordelik aan “die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers” (1 Tim 6:15 NAV). En wie dit doen, weet:  hierdie Here van die heersers help my ook wanneer die las van pligte en besluite vir my te swaar word.  Dit is nie net wat ek in my menslike swakheid ten uitvoer kan bring nie, maar ek mag ook op God se hulp reken.

Dawid se laaste woorde is nie net goeie advies vir die regeerders van hierdie wêreld nie, maar dit geld ook vir jou en my.

Andreas Föhl in Neukirchener Kalender 2011

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css