Die Weg

Wat die toekoms ook mag inhou
Jacqueline van der Waals

(Afrikaanse vertaling deur Winy du Preez)

Wat die toekoms ook mag inhou,
Hy gelei my aan Sy hand.
Moedig slaan ek dus my oë
na die onbekende land.
Leer my U volg sonder vrae.
Vader wat U doen is goed.
Leer my net die hede drae
met 'n rustig kalme moed.

Heer ek wil U liefde lowe
al verstaan my siel U nie.
Salig's hy wat mag gelowe
ook al sien die oog dit nie.
Lyk U weë vir my duister;
Kyk ek vra U nie: Waarom?
Eendag sien ek al U luister
as ek in die hemel kom.

Laat my nie my lot beslis nie
ook al mog ek, kan ek nie.
Ag hoe sou ek my vergis het
as die keuse myne was.
Wil my soos 'n kind behandel
wat alleen die weg nie vind.
Neem my hand in Uwe hande
en gelei my soos 'n kind.

Waar die weg my ook al heen lei
aan my Vader's troue hand.
Loop ek met geslote oë
na die onbekende land.
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css