HERE, U sien dwarsdeur my!
Baba Boshoff
Soos ek probeer om hul kritiese blik
mis te kyk..... myself wys te maak:
dis nie so erg.....
Leer U my dis tog nie moontlik
die verkeerde net te maar ignoreer.
Na die dieper denke; dié wete:
U omsluit my van alle kant,
of ek sit of staan, kom of gaan
U weet alles daarvan.
U ken my denke eer dit dade word,
elke woordjie uit my mond.
Só ken U ook my ongevormde klomp
daar in die moederskoot.
Here, HERE, U neem my in besit!
Hoe sou ek ooit U teenwoordigheid,
U deursien van my wese,
kan ontkom?
Wat bly daar dan nog oor?
Waar vlug ek bang en bewend heen,
as U my DEURGROND, en wil toets, O Heer?
As net maar ootmoedig vra:
OM CHRISTUS WIL,
SKENK my U GENA!
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css