Die Weg

By die vrystelling van die nuwe webwerf – 5 April 2011
Lukas du Preez

Twee jaar gelede het ek met Dié Weg begin as ‘n troos vir myself na die dood van ons seun . Dit was ‘n moeilike tyd van pyn en hartseer. Die Weg het vertroosting gebring want dit was ‘n manier om my eie hartseer te ontlaai. Uit die terugvoering wat ek ontvang het, het dit egter duidelik geword dat ek nie alleen is nie, maar dat daar baie mense daarbuite is wat dieselfde pyn ervaar.  Die fokus het dus uiteindelik weg  van myself na ander mense met pyn en hartseer verskuif. Ek is dankbaar dat ek deur die Woord van God ook aan hulle ondersteuning in moeilike tye kon bied.  Ons enigste hoop in hierdie wêreld lê immers net by ons Here Jesus Christus wat deur die Heilige Gees vir almal van ons tot troos is.

Wat die webwerf self betref moet ek ook my vrou Winy en al my geloofsgenote, onafhanklik van enige kerklike denominasie, bedank vir hulle insette en samewerking. As dit nie vir hulle was nie, het ek seker lankal moed opgegee.

-------------------------------------------------------------------------------------------

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css