Die Weg

Daar kom 'n dag
Sikko Landheer

Daar kom 'n dag waarop ek sterwe moet.
'n Dag waarop my oë breek,
waarop ek afskeid neem en groet,
waarop my mond 'n laaste woord sal spreek.

Daar kom 'n dag; ek kan dit nie bepaal,
waarop ek in die aarde word gelê.
(Ek hoop die son sal skyn en alle blomme straal,
en dat net enk'le woorde word gesê.)

Daar kom 'n dag waarop ek in mag gaan,
vol vrede in Gods heil'ge woning.
Waarop ek vol verwondering sal staan
in stralend' Lig, naby my God en Koning.

Daar kom 'n dag waarop Hy tot my sê:
"Kom in My kind, nou is jy waarlik vry.
Jou liggaam is wel in die aarde neergelê,
maar jy bly tot in ewigheid by My".

(Uit Nederlands vertaal)

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css