Die Weg

RUS
Nel Bensop.

(In Afrikaans vertaal deur Winy du Preez)

In hierdie stilte het U Self tot my gespreek.
Geen harde woorde of woorde van verwyt.
U het alleen met liefde my verset gebreek,
met troostend'sagte woorde my opstandigheid.

Nou gee ek U die roer o God en Vader,
ek het te lank my lewensskip gestuur.
Nadat ek dae en nagte in donkerte het getuur,
sien 'k in die verte nou U haweligte nader.

En in my hart sal ek U troostend' woord bewaar:
"Die eén dag toe jy al jou liefde gee vir My,
is in My Vaderoë meer as duisend jaar
en duisend jaar van sonde 's net een dag vir My".

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css