Lê die waarheid met betrekking tot die mens se bestaan opgesluit in ‘n varingblaar?
Chaos Teorie en Fraktale Geometrie Ek wil jou net vinnig na 'n spesifieke dissipline in die wetenskap neem. Dit is net baie kort en ek vermy doelbewus al die ingewikkelde wiskundige beredeneringe. Dit is naamlik dié van die kompleksiteitsteorie wat ook bekend staan as die chaos teorie. Hierdie kompleksiteitsteorie vorm vandag die hoeksteen van baie van ons meer gevorderde navorsing in 'n breë spektrum wat onder andere die ingenieurswese, mediese wetenskappe en veral neurologie, ekonomiese stelsels, ruimte navorsing, eksistensie teorie, bestuurstelsels, gedragswetenskappe en weerkundige stelsels insluit. Vir die doeleindes van hierdie bespreking is daar net een klein puntjie wat ek wil aanraak. Dié van fraktale geometrie. 'n Fraktaal is 'n gelyksoortige of gelykvormige herhaling van 'n spesifieke patroon op elke opeenvolgende vlak van 'n stelsel of sisteem. (Die definisie van 'n stelsel is natuurlik 'n samestelling van komponente wat elkeen 'n eie doelmatige funksie het.) 'n Eenvoudige voorbeeld van fraktale vind 'n mens in die varingblaar of in brokkoli. Die herhaling op elke volgende vlak is gelykvormig aan die vorige vlak. Hierdie herhaling van patrone word self-ooreenkoms genoem (Eng: self-similarity). 'n Mens vind dit onder andere ook in die gedragspatrone van mense of in politieke bestuurstrukture. Vergelyk byvoorbeeld die bestuur op lokale, provinsiale en nasionale vlak. ![]() ![]() Deur die gebruik van kompleksiteitsteorie en fraktale geometrie kan 'n mens nuwe velde ondersoek en kom daar geweldige nuwe inligting na vore wat vir die mens tot nou toe verborge gebly het. Meer inligting oor die toepassing van fraktale kan by die volgende skakel verkry word. Lees dit gerus. http://eduwww.mikkeli.fi/opetus/myk/kv/comenius/fraktaalit.htm Ek wil net volstaan met die gevolgtrekking wat daar gemaak is: For a layman it's hard to imagine what all the world of mathematics really contains inside. Anyway, the fractal theory has opened a little the door of mathematics, which so often is sealed with the code of mystical formulas. In their clearness and clarity the fractals mean something to all of us. They raise images and help in many ways to understand the complexity and deep and abstract nature of mathematics, the perfectness and beauty of forms and relations. They would be very hard to understand, if they couldn't be dressed up in real forms, if they couldn't be illustrated. The fractals can help us to understand even some basic truths about life, that it spontanically brings forth beauty, harmony and order, which in its highest forms expresses itself in man's spiritual and cultural phenomenons and progress. The Fractals mean, in other words, a new scientifical discovery, which hopefully can affect even human's positive attitudes toward life. As said, power of the fractal pictures can even strengthen the confidence on the meaningfullness of the life. And as everybody can recognise, one can see some refers of the great order, even outside the materia, which the universe contains also in these fractals. It can even help humans to understand the nature of the universe. Think about it, when we go to the most unpractical things, to the depths of mathematics, we still find the same things as from nature. And even the irregularities are always, in some way, regular! |
Lê die waarheid met betrekking tot die mens se bestaan opgesluit in 'n varingblaar? Die mens is 'n soekende wese. Die dryfveer is die soeke na die waarheid van die lewe. Ons verken selfs die verste buitenste ruimtes om LEWE te probeer verklaar. In ons soektog het ons altyd wetenskap en godsdiens van mekaar probeer skei. Immers, daar was geen manier om die bestaan van God (of dan 'n god) wetenskaplik te verklaar nie. Ons moet egter verstaan dat die werklike kennis van die mens minimaal is. Tot in die begin van die vorige eeu het ons nie eens besef dat daar enige verband tussen ruimte en tyd bestaan nie. Dit was eers met Einstein se relatiwiteitsteorie dat nuwe horisonne letterlik vir ons oopgegaan het. Ons is so gebonde aan 'n wêreld wat ons net met ons beperkte sintuie kan verklaar. Die wiskunde bring daarenteen vir ons nuwe insig wat moeilik is om met ons beperkte vermoëns alleen te omvat. Met die gebruik van die redelik nuwe wetenskaplike ontdekking van fraktale in die natuur (sien die teks in die blok hiernaas), kan ons nou nuwe betekenis gee aan die doel van ons lewe hier op aarde. Eerste fraktale vlak. Bevrugting: vlees-vlees (verganklikheid).
Wanneer twee mense in 'n liefdesverhouding met mekaar is ('n natuurlike liefdesverhouding - nie 'n hedendaagse onnatuurlike verhouding nie) kom hulle uiteindelik bymekaar waar die man spermselle en die vrou 'n enkele eiersel (ovum) skenk om 'n nuwe fisiese lewe te skep. Hierdie is op sigself 'n groot wonder. Hierdie paddavisagtige organisme gebruik sy stert om hom aan te dryf en in die verlangde rigting te stuur.
Wanneer die spermsel sy vooraf bepaalde opdrag suksesvol uitgevoer het, begin daar 'n nuwe lewe groei binne die inkubasie ruimte van die baarmoeder. Die spermsel self bestaan nie meer nie. Dit is nie dood nie. Dit is deel van die nuwe lewe. Hierdie nuwe lewe groei tot 'n sekere volwassenheid. Op 'n spesifieke bepaalde dag en uur gebeur die volgende wonder. Ons sê die natuur beskik dit so dat die nuwe mens deur die geboortekanaal geforseer moet word, wat soms traumaties en pynlik vir die moeder en/of die baba kan wees. Net op die sylyn .... ons probeer die natuurlike, nodige proses, voorkom deur ongevraagde keisersneë wat 'n baie belangrike deel van ons bestaan tot niet maak, omdat ons nie die werklike omvang van die proses begryp nie.... Die nuwe mens wat gebore is, kom vanuit die skemerdonker van die baarmoeder uit in die lig van hierdie wêreld. |
Wat het die chaos teorie en fraktale geometrie met ons geestelike lewe doen? wil jy vra. Kom ons kyk waar ons ons nou bevind. Daar was 'n spermsel wat gevorm en vrygestel is in die teenwoordigheid van 'n ovum. Die volgende is die moontlike scenario's van wat die verdere verloop kan wees:
As alles egter goed gaan, het 'n nuwe lewe in die baarmoeder tot stand gekom (geïnkubeer). Na inkubasie is daar 'n volwassenheid bereik sodat 'n mens gebore is en die mens deel kon hê aan die lig van hierdie wêreld . Hierdie mens het twee komponente, vlees en gees. Tweede fraktale vlak. Bevrugting: gees-gees (onverganklikheid). Ter wille van ons verdere bespreking hieronder wil ek effens weg beweeg van die algemene beskouing dat die sperm die ovum bevrug. Eerder dat dit 'n samekoms van twee elemente is wat tot bevrugting aanleiding gee. Hierdie mens wat gebore is, is geprogrammeer om sodra hy/sy tot bewustheid gekom het, weer te gaan soek. Dit is nou nie die fisiese (of vleeslike) soektog soos by die spermsel nie, maar 'n soektog deur die gees, wat die bewussyn inspan, na iets anders. Daar is geen volk op hierdie aarde wat nie een of ander god aanbid het nie. Om na 'n god te soek is in die wese van die mens vasgelê, net soos die soeke na die ovum in die sperm vasgelê is. Hier sien 'n mens die eerste fraktale herhaling; dieselfde ooreenkoms. Die bewussyn is die "stert" as 'n mens die fraktale analogie met die spermsel wil gebruik. Die gees smag na 'n bevrugting van een of ander aard, dit is vooraf so bepaal. Daar word gesoek na die geestelike ovum. In hierdie soeke kan dit op een of ander aard verhinder word; baie sal sterf voordat bevrugting enigsinds kan plaasvind. Dan is daar dié wat die uiteindelike punt van geestelike bevrugting bereik. Soos by die interaksie tussen spermsel en ovum die uiteindelike doel is om 'n kind in die wêreld in te bring, so is die uiteindelike doel by geestelike bevrugting om in 'n ander wêreld, op 'n hoër vlak te wees, nl die onbekende, onsienbare wêreld, waar God woon. Let nou mooi op. Voordat ons die huidige wêreld vanuit die baarmoeder van ons moeders betree het, was ons mense in wording. Ons blyblek was die baarmoeder. Ons het nie geweet dat daar 'n ander wêreld daarbuite is nie. Ons kan net sowel gevra het: is daar lewe ná die baarmoeder? Nou is ons in hierdie wêreld, die baarmoeder vir 'n nuwer bestel; 'n hoër orde van lewe. Ons het weer die volgende scenario's:
Wat is die geestelike ovum? Daar is maar één Heilige Gees. Eers wanneer 'n mens se gees met die Heilige Gees in kontak kom, kan daar nuwe lewe begin vorm aanneem. (Hierdie is terloops nie 'n een-tot-een verbinding soos by 'n sperm en ovum nie, maar 'n baie-tot-een verbinding). Die nuwe lewe kom eers tot sy volle wasdom wanneer ons ons aardse bestaan, baie keer met groot pyn soos by 'n fisiese geboorte, verlaat. Daarna sal ons nuwe sintuie in werking tree wat die nuwe lig van 'n nuwe wêreld sal ontdek. Dit is daar waar die engele saam met God juig oor elke 'n nuwe geboorte. Opmerking ivm die sintuie. Wanneer die ongebore baba in die baarmoeder is, kan die baba reeds die stem van die moeder en haar hartklop hoor. Die ander sintuie kom eers ná die geboorte tot hulle reg. Verder sal die baba eers na die geboorte sy/haar moeder vir die eerste keer van aangesig tot aangesig kan sien.
Soos ons na geestelike volwassenheid groei, hoor ons ook reeds die stem van God. Ons neem dit waar deur 'n sintuig van die gees. Na ons liggaamlike afsterwe, wanneer die gees tot sy volle wasdom gekom het, sal ons in staat wees om die volle werklikheid en omvang van die Nuwe Wêreld te aanskou. Eers dán sal ons God in Sy volle heerlikheid kan sien. Ons het dan uit beweeg van die skemerte van ons aardse bestaan na die Nuwe Lig van God se Koninkryk. Ons is nie maar toevallig op hierdie aarde nie, en ons word ook nie net gebore om weer later te sterf nie. Wat 'n droewige vooruitsig is dit nie. Ja, daar is van ons wie se paadjie hier op hierdie aarde sal eindig, maar dié wat ook uit die Gees gebore is, sal die Koninkryk van God ingaan. Johannes 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 1 Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. Daar was net een Mens wat van die soektogte hierbo uitgesluit was. Dit was nie nodig om na God te soek nie, want Hy was self uit God!
Verdere leesstof: Die skrywer van hierdie artikel is 'n afgetrede wetenskaplike wat in 2004 'n referaat by 'n internasionale simposium in Frankryk gelewer het oor die toepassings van kompleksiteitsteorie. |
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css